Ruimsig Gemeente voel geroep om spasies te skep waar lewensverandering kan plaasvind. Ons is wagtend op God om Sy planne vir die grond waarmee ons geseën is, bekend te maak, sodat ons kan begin bou. Intussen maak ons gebruik van die fasiliteite by Laerskool Muldersdrif op ‘n Sondag.
Ons Sondag-spasies is ontspanne, het ‘n vriendelik atmosfeer en persone wat dit bywoon trek informeel aan. Geen van die spasies is verpligtend om by te woon nie en persone kan self kies hoe hulle van die spasies gebruik wil maak.

08:30 tot 09:30
Erediens-spasie, waartydens ons as gemeente saam worship, bedien en groei. Ons boodskappe is prakties en ons maak gebruik van ’n band om die worship te lei. Ons kollekteer nie tydens die dienste nie; daar is wel houers by die uitgange waar kollekte en dankoffers ingeplaas kan word vir die mense wat voel dat Ruimsig Gemeente hul kerklike tuiste is.

09:30 tot 10:00
Kuier-spasie skep geleentheid vir die gemeente om saam te kuier rondom koffie en tee.

10:00 tot 11:00
Addisionele spasies, waartydens gesprekke rondom meer spesifieke temas plaasvind. Verskillende spasies gaan gelyktydig tydens hierdie tydgleuf aangebied word.