POPIA

Die “Protection of Personal Information Act” (POPIA) is in November 2013 onderteken en gedeeltes het in werking getree in April 2014. In Desember 2016 is die Inligtingsreguleerder aangestel. Die res van die regulasies het op 1 Julie 2020 in werking getree en organisasies moet teen 30 Junie 2021 aan alle wetlike vereistes voldoen.

Volgens Artikel 14 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, moet daar voorsiening gemaak word vir elke persoon se reg op privaatheid. Die reg op privaatheid sluit dus ook die reg op die beskerming teen onregmatige verwerking van persoonlike inligting in, o.a. die insameling, berging, verspreiding en gebruik van persoonlike inligting.

Ruimsig Gemeente sal slegs die minimum inligting wat benodig word insamel en ’n datasubjek se persoonlike inligting sal slegs gebruik word vir die oogmerk waarvoor dit ingesamel is.

Die doel van die versameling van persoonlike data by Ruimsig Gemeente is om ons bediening met die datasubjek te kan verrig en sinvol met hulle te kommunikeer.

Die datasubjek het die reg om:

• toegang te hê tot persoonlike inligting wat oor hom/haar gehou word en mag vra om toegang te kry tot eie persoonlike inligting

• te versoek dat regstellings of skrapping gemaak word op eie persoonlike inligting en kan ook versoek dat rekords van persoonlike inligting vernietig word.

• beswaar te maak teen die verwerking van persoonlike inligting.

Datasubjekte kan ook met inagneming van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Wet 2 van 2000) PAIA (Promotion of Access to Information Act. Act 2 of 2000) aansoek doen om met die betaling van ’n voorgeskrewe fooi toegang te kry tot inligting. Ten opsigte van Wet 4 is die volgende vorms beskikbaar:

By ontvangs van bogenoemde versoek sal Ruimsig Gemeente so gou redelikerwys moontlik —
(a) die inligting regstel;
(b) die inligting vernietig of uitwis; of
(c) die datasubjek tot sy of haar oortuiging van geloofwaardige bewyse ter stawing van die inligting voorsien.

Ruimsig Gemeente sal die datasubjek in kennis stel van die stappe wat na aanleiding van die versoek gedoen is.

Die POPIA Inligtingsbeamte vir Ruimsig Gmeente is Jan Smit (jan@ruimsig.com).

Kontak ons by info@ruimsig.com of by jan@ruimsig.com vir enige navrae of vir Ruimsig Gemeente se POPIA inligtingsbeleid en prosedure handleiding.

Sien ook hiermee ons Website Privacy Notice