Word ‘n medewerker

Ons glo dit is wanneer ons saam bedien dat ons nog ’n vlak van community betree, naamlik Communitas; community rondom ’n doel, iets wat beter is wanneer ons saam daaraan werk.

Ons maak daarom baie staat op die gemeente se deelname as medewerkers om bedienings binne die Gemeente te laat plaasvind. Ons het ‘n span medewerkers wat elke Sondag seker maak dat daar klank en multimedia tydens die diens is, medewerkers wat persone welkom heet by die deure, ‘n span medewerkers om, indien nodig, die veiligheidsplan uit te voer, ‘n span medewerkers wat tydens al die spasies na kinders se geestelike behoeftes en veiligheid omsien, asook ‘n span medewerkers wat sorg vir lekker koffie en tee in die 09:30 tot 10:00 Kuier-spasie.

Vul gerus die vorm in as jy deel van ons span wil word