Lewensgroepe

Ons almal weet dat ’n gemeente net uit te veel individue bestaan om almal op een geleentheid of een plek te hê, daarom maak ons gebruik van Lewensgroepe.

Kleingroepe

Die bestaansrede vir Kleingroepe in Ruimsig is tweeledig.  Eerstens moet dit die Community-kant dien, geborgenheid vestig en die gevoel van “ek-behoort-aan-iets-groter” skep. Dit skep ook geleenthede om dan binne jou gawes te groei en te bedien, asook bedien te word. Die tweede dan is omgee en groei. Die groep word die gemeente van Handelinge 2, waar mense hulle lewens op ’n diep vlak deel en intensioneel mekaar help en groei.

Gespreksgroepe

Gespreksgroepe is tema gebonde en is meer gefokus op groei. Dit het ’n 6 tot 8 weke lewensduur met die opsie van die groep om die ’n Kleingroep te vorm soos byvoorbeeld die Alpha Kursus.

Sekere gespreksgroepe sal tydens die addisionele spasies op Sondae plaasvind.

Belangegroepe

Ad hoc-geleenthede wat gemik is op ’n spesifieke portuurgroep soos byvoorbeeld ouers met kinders, studente, seniors, enkelouers, ensovoorts óf rondom spesifieke belange soos byvoorbeeld stap, fietsry, fotografie, 4×4, ensovoorts. Hierdie groepe word los en vas gestig na gelang van behoeftes en champions wat rondom hulle belange geleenthede reël.

Herstel-groepe word aangebied in die gemeente soos wat daar ‘n behoefte daarvoor is.
Dit is ’n groep wat saam die Celebrate Recovery-program of Grief Share deurwerk.