Leef anders… Waag dit om lief te hê!

19 Januarie 2020 Gemeente Kuier (Bring & Braai en waterslides)
January 9, 2020
Hoe help ons jou om te connect?
January 30, 2020

Leef anders… Waag dit om lief te hê!

Die Here nooi ons tot ‘n lewe wat anders lyk. Hy nooi ons na ‘n lewe waar die beginsels van Sy Koninkryk geld… en die beste plek om te begin is by die liefde!

Ons wil jou vra om dit te waag om lief te hê!

Kom woon die reeks wat 2 Februarie om 08:30 begin by en kom vind uit hoe ons anders kan leef in ons verhoudings en huwelike!  

Die doel van die reeks is om mekaar as getroudes sowel as enkellopendes uit te daag om God se liefde beter te probeer verstaan en uit te leef in ons verhoudings!

 

Die Kleingroepe gaan 5 Love Languages behandel. Kontak [email protected] vir meer inligting.

 

Sien jou 2, 9, 16 en 23 Februarie 2020 om 08:30!