Hoe om voor te berei vir Donderdag (10 Junie) se vas van ontbyt en middagete

Het jy ‘n IDee hoe lief ek jou het?
February 15, 2021
Narratiewe Begroting 2022
January 21, 2022

Hoe om voor te berei vir Donderdag (10 Junie) se vas van ontbyt en middagete

Ruimsig Gemeente is besig met ’n reeks oor geloofspraktyke.  Stefan Zeelie het Sondag, 6 Junie, gesels oor vas en ons almal uitgedaag om Donderdag, 10 Junie, te vas van ontbyt en middagete en dan saam die vas te breek deur vir aandete “fees” te vier en te gesels wat deur die dag met jou gebeur het.
 
As jy die boodskap gemis het, kan jy dit gaan luister by www.ruimsig.com/preke of by  https://youtu.be/NdtVUbrnOS4
 
ONTHOU:  Jy vas nie om mense te beïndruk nie.  Jy doen dit ook nie om God te beïndruk en te probeer manipuleer nie.  (Matt 6:16)
 
VAS IS:

1. God-gesentreerd en word deur die Heilige Gees beheer.

2. ’n Gesindheid van diepe verootmoediging (humility) voor God (Ps 69:10).

3. ’n Dieper toewyding, begeerte om God te ontmoet, Sy Woord te lees, te WAG in sy teenwoordigheid.

4. Om in God se raad te staan en genade te vra vir sekere omstandighede (persoonlik en nasionaal).

5. Om ‘n bepaalde gewoonte te breek, of bevryding te kry van verkeerde gewoonte en sonde wat oor jou heers.  

HOE DIT PRAKTIES GAAN LYK:

1. Jy gaan intensioneel Donderdag NIE ontbyt en middagete eet NIE. 

2. Die tyd wat jy sou spandeer om ontbyt en middagete te eet, spandeer jy nou in God se teenwoordigheid.  (Dit kan Bybelstudie wees, ’n leesplan wat jy volg, gebed of worship liedjies wat jy luister… wat ook al jou gaan help om in God se teenwoordigheid in te tree).

3. Jy gaan honger word en jy kan hoofpyn ontwikkel as gevolg van onttrekking van sekere stowwe soos kafeïen.  (As jy nog nie van te vore gevas het nie, drink water of verdunde vrugtesap.)

4. Laat die honger en hoofpyn ’n uitnodiging word om op God te fokus.  Alhoewel jou liggaam aan jou kommunikeer dat dit ’n begeerte het aan kos, gaan jy intensioneel kies om eerder in daardie oomblik meer te soek van God.

5. Breek die vas met aandete se “fees” en gebruik Nagmaal.  

6. As jy die vas saam met jou gesin gedoen het, kan jy die tyd rondom aandete gebruik om vir mekaar te vertel hoe jy die dag ervaar het.  Sou jy die vas op jou eie gedoen het, gebruik die tyd om te reflekteer en na te dink oor die dag se gebeure.