Hallo almal,
Winter is besig om stadig maar seker in te kruip. Een van my kinderdae heroes was die Lone Ranger. Ek het my eie Cowboy pakkie gehad wat my ouma vir my gemaak het en sy het vir my ’n Clapgun ook gekoop. Ek het almal as “ kroeks” gesien en op hulle losgebrand. My ouma was vinnig spyt dat sy die Clapgun vir my gekoop het.
Maar die ironie van die Lone Ranger was dat hy nie alleen was nie. Hy het vir Tonto gehad.
So baie van ons probeer Christenskap op ons eie doen, maar dis nie hoe God dit bedoel het nie. God het nie gedink dat dit goed was dat Adam alleen was nie, toe maak Hy vir Eva. Christenskap gaan oor Fellowship. Jy hoef nie alleen deur die lewe te gaan nie. Jy hoef nie jou challenges alleen deur te werk nie. Wees verseker dat ons hier is vir jou.
Alhoewel ons nie meer fisies bymekaar kom op Sondae nie connect ons nogsteeds met mekaar op ander maniere op sosiale media. Dis nie altyd maklik nie en ek glo ons almal mis dit om “saam” te kan wees.
Op 26 Mei het president Ramaphosa aangekondig dat kerke weer met vlak 3 bymekaar mag kom. Maar die byeenkoms mag nie meer as 50 mense op ’n keer wees nie. As leierskap van die Gemeente het ons gaan bid en onderskei wat die volgende stap vir Ruimsig Gemeente sal wees. Ons het tot die besluit gekom dat ons nie in Junie die eredienste by die skoolsaal gaan hervat nie. Ons sal aan die einde van Junie hierdie besluit heroorweeg.
Ons eerste prioriteit is die veiligheid van ons lidmate en ons community om ons. Dit beteken nie dat God nie in beheer is nie en dat ons minder kerk is nie, nee dis juis nou waar die Heilige Gees deur ons elkeen kan werk om God se dissipels te wees in hierdie tyd. Ons het al baie vir mekaar gesê dat ons kerk is en nie ’n gebou nie. Ons begin eerskomende Sondag met ons nuwe preekreeks “Doen die Lewe” waar ons vir 4 weke saam gaan ontdek hoe ons kan anders leef in die uitdagende tye. Ons gaan saam leer om te connect waar ons is.
Ons is bewus dat hierdie besluit vir sommige gemeentelede moeilik gaan wees, as daar enige vrae is kontak ons gerus.
Julle kan vir my of Stefan telefonies kontak of per epos:
Moenie ’n Loan Ranger Christen wees nie! Connect waar jy is!
Blessings
JAN SMIT
GEMEENTELEIER