Spasies waar jy kan connect die 3de kwartaal

Wat gebeur die vakansie by Ruimsig Gemeente? #Funmielie
June 29, 2017
Is jy besig om ‘n empire te bou of ‘n legacy te los?
August 28, 2017

Spasies waar jy kan connect die 3de kwartaal

Ruimsig Gemeente is geroep om ekstra spasies te skep waar God met mense kan connect en, deur die werking van die Heilige Gees, lewensverandering kan plaasvind.

Die addisionele spasies vir die 3de kwartaal is ‘n 8 weke blok vanaf 30 Julie tot 17 September.  Besoek die Steunpunt op Sondae of stuur ‘n epos na info@ruimsig.com as jy vir enige van die addisionele spasies wil inskryf.

  1. Ons skop die kwartaal af met ’n lekker community-kuier na die erediens. Hierdie kuier is gratis en is vir oud en jonk, enkellopendes, paartjies, gesinne, ens. 
  2. Om ‘n dissipel te wees beteken om iemand te volg met jou hele lewe.  In Ruimsig Gemeente poog ons om lidmate te begelei in die proses om werklike volgelinge (dissipels) van Jesus te wees en self mede-verantwoordelikheid te neem van hulle groei.  Formasie gaan jou help om jou rol in God se Koninkryk beter te verstaan binne die konteks van Ruimsig Gemeente. ‘n Gratis 4-week koninkryksvorming-gespreksgroep wat op 6 Augustus afskop. Inskrywings is noodsaaklik. 
  3. Dialoog is ‘n spasie waar praktiese gesprekke rondom die Woord plaasvind, sodat dit lei tot ‘n meer intieme verhouding met God.  Hierdie gratis gespreksgroep gaan 20 Augustus, 27 Augustus, 10 September en 17 September in diepte kyk na Efesiërs 4:11-12. Kom gesels saam oor hoekom God apostels, profete, evangeliste, herders en leraars gee en hoekom dit vandag nog belangrik is? 
  4. Die Alpha-kursus gaan jou toerus met ‘n beter begrip van wat ‘n verhouding met Jesus behels. Het jy al ooit gewonder of God regtig bestaan… of hoekom dit vir Jesus nodig was om aan ‘n kruis te sterf? Twyfel jy soms aan gebed en hoe dit werk? Weet jy hoe om die Here se stem te hoor en Sy wil vir jou lewe te leer ken? As hierdie die tipe vrae is wat jou nuuskierigheid prikkel, dan is die Alpha-kursus net die plek vir jou! ‘n Gratis 9-week kursus wat 20 Augustus afskop. Inskrywings is noodsaaklik. 
  5. Konteks vind plaas op 3 tot 17 September, waartydens drie losstaande temas in konteks geplaas word. Die sessies is gratis en kan as geheel of afsonderlik bygewoon word. 
  • Kom help op 3 September om ‘n 100 Comfort Packs vir Matla a Bana, een van ons Projek 50/50 begunstigdes, te pak.
  • 10 September kom praat ‘n spesialis oor watter stappe geneem moet word wanneer daar ‘n afsterwe is, asook wat jy nou reeds kan doen om vertragings met jou boedelbereddingsproses te voorkom.
  • Kom neem deel aan ons Worship Konteks op 17 September, wanneer ons deur middel van sang, God gaan loof en prys.