Leef anders… Waag dit om lief te hê!
January 21, 2020
Bly kalm en connect waar jy is (COVID-19 maatreëls)
March 17, 2020

Hoe help ons jou om te connect?

Ruimsig Gemeente is geroep om spasies te skep waar God met mense kan connect en deur die werking van die Heilige Gees, lewensverandering kan plaasvind.

Besoek die Steunpunt op Sondae of stuur ‘n epos na info@ruimsig.com as jy meer inligting verlang of vir enige van die spasies wil inskryf.  

  • Belangrike inligting en datums vir J-kidz en J-Gen:
    J-Kidz en J-Gen word tydens die 08:30-09:30 en 10:00-11:00 spasies aangebied om ouers die geleentheid te bied om spasies by te woon, terwyl daar na die kinders se geestelike welstand omgesien word.

    Kom koop vanaf Sondag, 2 Februarie, jou J-Kidz lesboekie by J-Kidz teen slegs R30.Ons is besig om J-Kidz se databasis bietjie te vernuwe en op te dateer.  Indien jy ‘n kind/ers by J-kidz het, nie J-Gen nie aangesien hulle nie deur die registrasiestelsel gaan nie, volg asseblief die link en vul jou inligting vir ons so volledig moontlik in. https://forms.gle/ewwKWjZ8PPkMWVk99


  • Belangrike datums vir Unite360:
    Unite360 vind vanaf 17:00-18:30 plaas. 

    9 Februarie (17:00-18:30):  Ouers kuier saam met kinders by Unite36015 Maart (08:30-09:30): Unite360 tydens oggenddiens. Inligting volg later.10 – 13 April (Paasnaweek): Unite360 Roei by Gariepdam (Meer inligting by katrina@ruimsig.com)


  • Belangrike inligting en datums vir kleingroepe:Kleingroepe behandel die “5 Love Languages” reeks.

    Skakel in by Woensdagaand@7 Kleingroep (5 Februarie – 18 Maart). Almal is welkom om by die kleingroep in te skakel 19:00-20:30 by die kerk. Kontak wendy@ruimsig.com of stefan@ruimsig.com

    Alternatief kan jy jou eie kleingroep tuis hou. Om al die inligting vir die reeks te ontvang moet kleingroepleiers asseblief hulle groep registreer by wendy@ruimsig.com

    Kom koop jou “5 Love Languages” boeke 2 Februarie na die diens of Woensdagaand, 5 Februarie, voor die kleingroep begin. Bring die regte bedrag kontant saam. R100 per boek of R150 vir twee boeke. (Terwyl voorraad hou!)