Ons visie vir 2017
January 18, 2017
Gemeente Kuier-kamp (23 tot 25 September)
March 27, 2017

Spasies wat jou lewe kan verander

Ruimsig Gemeente is geroep om ekstra spasies te skep waar God met mense kan connect en, deur die werking van die Heilige Gees, lewensverandering kan plaasvind.

Die addisionele spasies vir die 2de kwartaal is ‘n 6 weke blok vanaf 7 Mei tot 11 Junie.  Besoek die Steunpunt op Sondae of stuur ‘n epos na info@ruimsig.com as jy vir enige van die addisionele spasies wil inskryf.

  1. Ons gaan op 7 en 14 Mei  ’n Global Leadership Summit sessie wys en fasiliteer.  Die jaarlikse Global Leadership Summit, aangebied deur Willow Creek word beskryf as “a trusted, high-caliber event that’s designed to transform Christian and business leaders on behalf of the local church with an annual injection of vision, skill development and inspiration”.  Ons fasiliteer 2 sessies wat jou siel sal verryk en jou verhouding met God sal versterk.  Op 7 Mei praat ons oor “The ideal team player” en 14 Mei praat ons oor “Boundaries”.  Die sessies is gratis en kan as geheel of afsonderlik bygewoon word. 
  2. Dialoog is ‘n spasie waar praktiese gesprekke rondom die Woord plaasvind, sodat dit lei tot ‘n meer intieme verhouding met God.  Hierdie gratis gespreksgroep skop 7 Mei af met ‘n 6-week tema wat as geheel of afsonderlik bygewoon kan word. 
  1. Om ‘n dissipel te wees beteken om iemand te volg met jou hele lewe.  In Ruimsig Gemeente poog ons om lidmate te begelei in die proses om werklike volgelinge (dissipels) van Jesus te wees en self mede-verantwoordelikheid te neem van hulle groei.  Formasie gaan jou help om jou rol in God se Koninkryk beter te verstaan binne die konteks van Ruimsig Gemeente. ‘n Gratis 4-week koninkryksvorming-gespreksgroep wat op 21 Mei afskop. Inskrywings is noodsaaklik. 
  1. “Kreatiewe dissipline deur middel van keuses”-kursus rus ouers toe om dissipline toe te pas deur vir kinders keuses te gee.  Wanneer kinders bemagtig word om self keuses te maak, leer hulle om selfstandig te dink en te redeneer oor die gevolge van hul keuses.  ‘n 4-Week kursus  wat 21 Mei afskop.  Inskrywings is noodsaaklik. Koste is R400 per couple of R250 per persoon.