Werksgeleentheid beskikbaar: Senior Jeugleier

Narratiewe Begroting 2022
January 21, 2022
JANUARIE HOOFTREKKE:
January 31, 2023

Werksgeleentheid beskikbaar: Senior Jeugleier

Ruimsig Gemeente is ‘n missionale gemeente met ‘n visie om mense te help om in ‘n intieme verhouding met God te staan, om ‘n invloed op mense rondom hulle te hê en ‘n impak in die wêreld te maak. Ruimsig Gemeente is ’n gevestigde, onafhanklike gemeente (behoort aan geen denominasie) met ’n sterk kontemporêre geur, kom elke Sondag in ‘n skoolsaal bymekaar.

Ruimsig Gemeente volg ‘n gelyke-indiensnemingsbeleid, in pas met die Wet op Gelyke Geleenthede.

POSBENAMING:      Senior Jeugleier

DIE POS:     Verantwoordelik om effektiewe Jeugbediening in Ruimsig Gemeente te laat groei volgens die visie en missie van die gemeente, met ‘n verstaan en aanvoeling van Millennials en Gen Z generasie.
Dit sluit in maar is nie beperk tot:

  • Oorhoofs van die oorgange van die verskillende generasies, maar bedien self by Hoërskool Jeug. (Gr 8- Gr 12)
  • Skep werkende Jeug bediening. (19-30 jaar)
  • Maak seker visie en missie word geleef in Jeugbediening.
  • Bestuur van personeel en medewerkers in die Jeugbediening.
  • Bepaling en aanbieding van gepaste en relevante kurrikulum by jeug byeenkomste.
  • Beplanning, uitvoer en aanbieding van die jeug byeenkomste vir Gr 8- Gr 12. Byeenkomste behels worship, aanbieding van kurrikulum en geestelike groei van tieners, geestelike groei en bestuur van medewerkers, bestuur van begroting en aankope.
  • Verantwoordelik om nuwe leiers en medewerkers te identifiseer en op te lei om in bediening te help.
  • Reël en koördineer kampe, vergaderings, seminare en funksies waar Jeug betrokke is.
  • Bou sinvolle verhoudings met tieners en hulle ouers.
  • Kommunikasie met tieners, ouers en gemeente rakende jeug aktiwiteite.
  • Toesig by gemeente aktiwiteite vir Hoërskool Jeug.
  • Vertroud met die gebruik van verskillende sosiale media platforms waarop tieners netwerk.
  • Netwerk met skole in die omgewing
  • Netwerk met ander gemeentes met ‘n missionale ingesteldheid.
  • Diensaanvaarding is onderhandelbaar.

DIE KANDIDAAT:       

Ons is op soek na ‘n energieke jong persoon met ‘n passie vir jongmense en wat op ‘n relevante manier met persone van alle ouderdomme kan kommunikeer. Dinamiese interaksie met ouers, tieners en die gemeente sal belangrik wees. Hy/sy moet in ‘n naby verhouding met God leef en ‘n goeie rolmodel vir tieners wees.

Die persoon moet tegnologie geletterd en goed vaardig met alle sosiale media platforms wees. Hy/sy moet ‘n aksie-georiënteerde leier wees met sterk administratiewe vaardighede. Die Senior Jeugleier moet ‘n spanspeler wees, goeie kommunikasie vaardighede hê en moet bereid wees om aan die afdelingsbestuurder te rapporteer.

Toepaslike ondervinding en kwalifikasies is belangrik, alhoewel ‘n teologie graad nie ‘n voorvereiste is nie. Ondervinding in generasie tendense (Gen Z en Millennials) kan tot voordeel wees.

Die vergoedingspakket en werksure is onderhandelbaar.

AANSOEKE:    Rig u aansoek en motivering met volledige CV voor 30 November 2022 aan:  Stefan Zeelie stefan@ruimsig.com ||  082 664 8579

SELEKSIE-PROSES:          Paneel onderhoudvoering (Kandidaat moet beskikbaar wees vir ‘n onderhoud op Maandag, 12 Desember 2022). 

U BELANGSTELLING EN AANSOEK WORD STRENG VERTROULIK HANTEER.

Klik hier om die pdf dokument af te laai