As Ruimsig Gemeente in 2021 sê “Leef Anders” moet ons anders begin kyk na armoede, hongersnood en ons eie resources. Daarom is een van ons gemeente projekte om hierdie jaar 20 000 etes in die vorm van ’n Nkosi Bar aan minderbevoorregte skoolkinders in die Wesrand omgewing te voorsien.
In die geloof het Ruimsig Gemeente reeds aan 10 skole* commit om van Februarie tot November 200 x Nkosi Bars per maand aan hulle te voorsien. Hierdie projek gaan ’n totaal van R150 000 kos, R15 000 per maand vir die volgende 10 maande…
Ons wil vra dat almal wat reeds in 2020 finansieel bygedra het, sal commit om vir die volgende 10 maande (Februarie tot November) hulle bydrae van 2020 met 10% te verhoog en mense wat nie voorheen finansieel bygedra het nie, sal commit om vir die volgende 10 maande (Februarie tot November) te begin om hulle 10de te gee!
KLIEK HIER AS JY FINANSIEEL WIL BYDRA
Alone we can do so little; together we can do so much. – Helen Keller
* Die 10 skole is soos volg: Golang Pre-School en ‘n kleuterskool in Video Town informal settlement
Laerskool Ebenhaeser, Helderkruin, Horison, Kenmare, Muldersdrif en Roodekrans
Hoërskool Florida en Monument