Ons volhard saam
July 7, 2020
MOENIE TE VROEG WIL MOED OPGEE NIE
July 21, 2020

Just keep swimming…

Hallo almal!

Finding Nemo is een van my gunsteling animasie flieks! 

Ons het dit verskriklik baie gekyk toe ons seuns klein was!  En ek is seker as jy nie eers kan onthou waaroor die fliek presies gaan nie, sal jy kan onthou van Dorie wat op een of ander stadium ‘n irriterende liedjie sing:  “Just keep swimming…just keep swimming”… 

Ek het op hierdie oulike video afgekom: << https://www.youtube.com/watch?v=iRQytOBTlN8 >>

Just keep swimming… moenie moed opgee nie!!

Ek glo dat, om regtig te kan aanhou swem wanneer ons onsself in diep water bevind, is dit nodig dat ons God se woord in ons harte bêre en dat ons dit moet oordink – dag en nag….  Net soos ons lees in Ps 1:1-2  “Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind en dit dag en nag oordink”.  

As ons dit kan regkry om, soos Dorie, ‘n “chant” te maak van “God is by my”…. “Ek is kosbaar”…  “Ek is nie alleen”…  dan glo ek sal ons kan volhard in moeilike tye!!

Nemo kry dit reg om die filter te stop met die klippie deurdat hy sy waagmoed gebruik!  In hierdie tye wil die Here ons gebruik!  Ek en jy sal kan volhard as ons daarna strewe om die “beste jy te wees” in die situasie waarin jy is!  Maak nie saak hoe donker dit vir ons voel nie!  Onthou dat, wanneer Josef in die put is, ‘n slaaf is en in die tronk is, dan fokus hy daarop om die beste persoon wat hy moontlik kan te wees in die moeilike omstandighede!  Hy gebruik steeds die gawes en talente wat die Here vir hom gegee het om ander te dien in sy omstandighede!  Om werklik te kan Volhard moet ons te midde van ons omstandighede steeds voluit lewe en ons heel beste vir die Here gee!

Die laaste belangrike ding wat ek uit hierdie video leer van volharding is dat ons ander nodig het om ons te help om te volhard.  Jy is deel van ‘n community wat omgee en wat jou wil help om deur hierdie moeilike tye te kom!  Moet dit nie alleen probeer aanpak nie!!  Kontak enigiemand in die leierskap as jy nie meer weet “watter kant toe om te swem”…  as dit vir jou voel of vrees jou oorval en as dit vir jou voel of jy nie meer kan volhard nie!  Jy is nie alleen nie!  Die Here stap hierdie pad saam met jou en Hy het Ruimsig Gemeente in jou lewe geplaas om die pad saam met jou te stap….

As dit vir moeilik raak om te volhard, onthou:….

Just keep swimming….  Jy is nie alleen!!

Katrina Steyn
JEUGLEIER