“Ek is meer werd as wat my wonde my uitmaak….ek is meer werd as wat my storie kan vertel…”
Dit is die woorde van die lied “Ek is meer werd” van John James wat die hele week in my gedagtes eggo….
Sondag het ons gesels oor Mat 6:26… “Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?” Elkeen van ons is meer werd as wat ons dink….ons is BAIE meer werd as wat ander van ons dink… vir God is ons ONGELOOFLIK KOSBAAR en BAIE WERD!
As ons hierdie gedeelte verder lees, sien ons dat dit gaan oor ons bekommernisse… Jesus verwys hier ook na die lelies in die veld en sê dat God hulle klee in hulle prag en dat Hy vir hulle ook sorg…
God sorg vir die lelies in die veld en die voëls in die lug…en Hy sal vir my en jou sorg omdat ons baie meer as die voëls en die lelies werd is….
Bekommernis word baie keer gevorm deur iets in die verlede (iets het gebeur en het nou ‘n rippel effek) en dan spoel dit oor na die toekoms…. Dit skep vrees en angstigheid oor wat in die toekoms gaan gebeur. Die ergste van alles is dat ons nie beheer oor gister of môre het nie. Ons het net beheer oor vandag! Die hier en die nou! Ja, die besluite wat ek vandag neem het ‘n invloed op die toekoms, maar ek kan net in vandag leef… Ons spandeer baie tyd en energie op dinge waaroor ons nie beheer het nie! Ons spandeer baie tyd en energie aan “Stories”…. Stories wat die duiwel ons laat glo…stories wat ander van ons sê en stories wat ons van onsself glo…. Een van die vernaamste stories hier is die een dat ons nie “goed genoeg is nie”!!
Die waarheid is dat ons wel GOED GENOEG is! Ons is vir God presies wie Hy ons gemaak het om te wees….En Hy het ‘n plan en doel met elkeen van ons….Elke dag!! NOU! Net soos jy is! Presies in die “space” waar jy nou is! Maar ons moet kies om hierdie waarheid te glo! Die Here het reeds alles wat ek en jy nodig het om ‘n verskil te maak, in ons gesit! Hoor weer: Hy het ALLES in jou gesit wat nodig is om die verskil te maak wat Hy wil hê JY moet maak! Daar is net EEN soos jy! Niemand is of kan ooit JY wees nie! Net JY!! En JY is vir God belangrik!! Glo jy dit??
Ja, verseker het ons elkeen ons lewenstories en ons het ons omstandighede. MAAR….ek en jy moet kies om te glo dat ons vir God meer as dit werd is! Hoe sal dit jou lewe en jou besluite elke dag beïnvloed as jy dit kan regkry om te glo dat jy:
As ons dit kan begin glo, sal ons raaksien dat ons, deur net onsself te wees en daagliks te fokus op die hier en nou, ‘n verskil in die Koninkryk kan maak.
Wat keer jou om dit te glo? Wat hou jou terug om in die moment te leef en ‘n verskil te maak deur WIE JY IS?
Vra hierdie week vir die Here om jou te help om dit wat jou keer om dit te glo, raak te sien! Gee dit vir God en vra dat Hy jou sal help om te onthou dat jy goed genoeg is!
“You are fearfully and wonderfully made…” – Ps 139:14
Katrina Steyn
JEUGLEIER