Is jy besig om ‘n empire te bou of ‘n legacy te los?

Spasies waar jy kan connect die 3de kwartaal
June 29, 2017
2 September 2017 Dag Stap by Eagles Cove
September 5, 2017

Is jy besig om ‘n empire te bou of ‘n legacy te los?

Jan het Sondag die reeks “1 Maand oor om te leef” afgesluit met die tema “Los ‘n legacy”.

Die legacy wat Ruimsig Gemeente wil los is om ekstra spasies te skep waar God met mense kan connect waar hulle is en, deur die werking van die Heilige Gees, lewensverandering kan plaasvind.

  • Dankie aan almal wat Sondag gehelp het om koppies met woorde van bemoediging te skryf vir Matla a Bana, een van ons Projek 50/50 begunstigdes, se comfort packs wat ons Sondag, 3 September, tydens die 10:00-11:00 spasies gaan pak.
  • Ons praat ook 10 September tydens die 10:00-11:00 spasie oor wat jy moet maak wanneer daar ‘n afsterwe is.  Byvoorbeeld het jy geweet die eerste ding wat jy moet doen direk na iemand se afsterwe, is om ’n mediese sertifikaat te bekom.
  • Dan bied ons ‘n geleentheid om op 17 September, tydens die 10:00-11:00 spasie wanneer ons deur middel van sang, God gaan loof en prys.

Ons elkeen het net een lewe om ‘n verskil te maak; is jy besig om ‘n empire te bou of ‘n legacy te los?

‘Yesterday is gone. Tomorrow has not yet come. We have only today. Let us begin.’  –  Mother Theresa