Spasies wat jou lewe kan verander
March 10, 2017
Wat gebeur die vakansie by Ruimsig Gemeente? #Funmielie
June 29, 2017

Gemeente Kuier-kamp (23 tot 25 September)

Die doel van die naweek by Sionbergh Kampterrein, is om te kuier en mekaar beter te leer ken.  Daar is nie ‘n “offisiële” program nie.  Ons begin met BRUNCH Saterdag om 10:30 en geniet die aand ETE EN ‘N SHOW saam.  Sondag is daar BRUNCH na die EREDIENS en LEKKER KUIER rondom ‘n ete die aand! Maandag sal daar koffie en beskuit bedien word, voor almal vertrek.

Hierdie is ‘n “camping” en “glamping” naweek.  As jy nie “karavaan” of “tent” nie, is daar kamers met bunk beds wat 4, 6, 8 en 10 persone slaap, beskikbaar.
Koste is vir die naweek se verblyf, wat Saterdag en Sondag se brunch en aandete insluit, is soos volg:
  •  R650 per persoon (11 jaar en ouer)
  • R550 per kind (6 tot 10 jaar)
  • Kinders 5 jaar en jonger, is gratis!

Stuur ‘n epos na info@ruimsig.com of kom maak Sondae ‘n draai by die Steunpunt om jou plek te bespreek!

 

Wat is anders as vorige kampe?
  • Dit is nie ‘n selfsorg kamp nie.  Brunch en aandete word voorsien.  Persone bring hulle eie drinkgoed en snacks asook hulle eie beddegoed en eetgerei.
  • Aangesien etes ingesluit is, is daar nie ‘n verskil in kostes tussen “camping” en “glamping” nie.
  • Persone in kamers maak gebruik van moderne ablusiegeriewe, wat daagliks gediens word.