Mosambiek Produkte te koop (10 Februarie)
January 20, 2019
Bring Sondag, 10 Maart, kontant saam en ondersteun ‘n goeie saak!
March 6, 2019

Kleingroep Uitnodiging

Kleingroeplewe

Kleingroeplewe maak dat kerklewe meer word as net ‘n Sondagdiens. Dit skep die geleentheid om betekenisvolle verhoudinge aan te knoop, ondersteuning aan mekaar te gee en om geestelik te groei. Ons elkeen het ‘n behoefte om geken te word, en om ander te leer ken, om te belong! God het ons gemaak om lewe met mekaar te deel en daarom wil ons jou aanmoedig om betrokke te raak by ‘n kleingroep.

Ruimsig Gemeente bied vir jou die geleentheid om op ‘n Woensdagaand tussen 19:00-20:30 ‘n groot groep bespreking wat gefasiliteer word by te woon. Die materiaal word in kleiner gepaste groepe bespreek. Die kleingroep kom weekliks by die kerk bymekaar om saam tyd in die Here se teenwoordigheid te spandeer en mekaar te bedien.

Jy is ook welkom om saam ‘n groep vriende of kennisse, jou eie huis-kleingroep te fasiliteer, wat by een van julle se huise sal bymekaar kom en met die weeklikse materiaal wat per epos versprei word gesprekke te kan lei. Bestaande groepe is welkom om steeds voort te gaan soos altyd.

Hoe werk dit?

Die Woensdagaand kleingroep ritme is tydens skool kwartale, wat beteken dat groepe tydens die skoolvakansie (asook publieke vakansiedae) gesluit is en jy die keuse het om weer in te skakel vir die volgende materiaal se besprekings. Daar word gebruik gemaak van DVD materiaal, boek besprekings, RightNow Media streaming of soms soos met ons eerste reeks vir die jaar gaan ons deur ‘n boek in die Bybel lees.

Jy kan hieraan deelneem deur net op te daag by die ‘Woensdagaand@7 Kleingroep’ of vir ons jou inligting by die Lewensgroeptafel of Steunpunt tafel in te gee sodat ons seker maak almal wat belangstel ontvang die weeklikse kleingroep epos met die fasiliteringsdokument.

Wees die verskil!

Maak vandag nog die besluit om deel te word van ‘n kleingroep – dit sal jou lewe verander.

Groete Stefan


Woensdagaand@7 Kleingroep skop af en die reeks begin 23 Januarie om 19:00 by L/S Muldersdrif.  Almal welkom by die spasie, kinders onder eie toesig van ouers.

Bestaande kleingroepe wat tuis plaasvind registreer jou groep by Wendy@ruimsig.com vir kleingroepmateriaal & Right Now Media subskripsie

Nuwe kleingroepe wat tuis wil begin kontak Stefan@ruimsig.com vir kleingroepmateriaal & RightNow Media subskripsie