Paasnaweek: U, Here, is my hoop
April 11, 2019
Ruimsig Gemeente Groei-Ritmes
July 11, 2019

Kerk buite die boks

Met die reeks “Kerk buite die boks” wil ons graag kerk unpack en buite die boks daarna begin kyk. Ons wil jou persepsie van “Kerk” SKUIF deur jou te help om te connect waar jy is, sodat jy elke dag intensioneel God deel maak van alle areas van jou lewe.

HOE GAAN DIT WERK?

Die Sondae wat die reeks aangebied word gaan anders lyk as normaalweg:
  • 16 Junie om 08:30 unpack ons die tema GEBEDSLEWE met interaktiewe gebedsoefeninge geskik vir alle ouderdomsgroepe.  Ons vier ook Vadersdag en Jeugdag op ‘n spesiale manier.
  • 23 Junie om 08:30 unpack ons die tema COMMUNITY met ‘n oggend propvol pret en pannekoek.
  • 30 Junie om 08:30 unpack ons die tema DIENSBAARHEID met ‘n gemeenskapsprojek. Ons beoog om 80 “‘Good night’ sleeping bags” uit herwinde plastiek en koerantpapier te maak.
  • 07 Julie om 08:30 unpack ons die tema CELEBRATE met ‘n oggend van worship en stories!

Vir 150 groepe (gesinne, families, vriendekringe) gaan ons ook die geleentheid gee om deur middle van ons “Kerk buite die boks”-boekie te connect waar hulle is!

  • Die boekie bevat praktiese voorbeelde, gesprekke en aksies wat deur die loop van die week beoefen word. Daar is ook uitnodigings om sekere skuiwe te maak en anders te dink oor seker aspekte van die tema wat Sondag bespreek is.
  • Die boekie is nie net beperk tot mense wat Sondae die diens kan bywoon nie, wat dit ideaal maak om saam op vakansie te neem of saam met jou vriende in die week te doen.
  • Saam met die boekie ontvang die groep ‘n klein geskenkie om eerstens dankie te sê vir hulle deelname en tweedens om hulle te herinner dat hulle die “Kerk” is, om te connect waar hulle is en die verskil te wees! Let wel die geskenkies is beperk en word gegee terwyl voorraad hou.
  • Ons wil graag aan die einde van die 4 weke vasstel hoe die “spasie” wat deur middel van die boek geskep is, bygedra het tot lewensverandering. Al hoe ons dit gaan vasstel is om kontak te maak met die groepe wat deelneem en julle stories te kry. DAAROM GAAN ONS VRA DAT GROEPE OPTEKEN.
Kom teken Sondag 02/06 en 09/06 op!