Werksgeleentheid beskikbaar: Junior Jeugleier

Narratiewe Begroting 2022
January 21, 2022
JANUARIE HOOFTREKKE:
January 31, 2023

Werksgeleentheid beskikbaar: Junior Jeugleier

Ruimsig Gemeente is ‘n missionale gemeente met ‘n visie om mense te help om in ‘n intieme verhouding met God te staan, om ‘n invloed op mense rondom hulle te hê en ‘n impak in die wêreld te maak. Ruimsig Gemeente is ’n gevestigde, onafhanklike gemeente (behoort aan geen denominasie) met ’n sterk kontemporêre geur.

Ruimsig Gemeente volg ‘n gelyke-indiensnemingsbeleid, in pas met die Wet op Gelyke Geleenthede.

Ruimsig Gemeente behou die reg voor om nie ʼn aanstelling te maak nie.  Slegs kandidate wat op die finale kortlys geplaas word, sal vir ’n onderhoud gekontak word. 

POSBENAMING:      Junior Jeugleier

Ons bedien tans kinders tussen die ouderdom van 2 jaar en 13 jaar en ons kinderbediening is een van die belangrikste fokusareas in die gemeente.

Kandidaat se profiel:

  • ’n Persoon wat passievol is oor sy/haar verhouding met die Here en wat kan inpas by die teologiese raamwerk en roeping van ons gemeente. Onderskryf en uitleef van Ruimsig Gemeente se bedienings filosofie.
  • Toepaslike kwalifikasies en bewese ondervinding met kinderwerk sal in ag geneem word.
  • ’n Passie en gawe om kinders geestelik te begelei en toe te rus om in ’n verhouding met die Here te leef.
  • Moet beskik oor goeie kommunikasievaardighede om effektief met die ouers en kinders te kommunikeer en lesse aan te bied.
  • Beskik oor goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede.
  • Moet multimedia en rekenaar vaardig wees.
  • Vermoë om in spanverband te kan werk.
  • Moet leiers kan identifiseer en toerus vir die kinderbediening.
  • Moet bereid wees om verdere opleiding in kinder- en jeugwerk te ondergaan.
  • Aktiewe deelname en reël van kampe en uitstappies.
  • Die voertaal moet Afrikaans wees.

Posbeskrywing:

  • Bestuur en organisering van die kinderbediening onder leiding van die verantwoordelike leraar en in samewerking met die medewerkers.
  • Kreatiewe aanbiedings by kinderdienste.
  • Verantwoordelik vir die beplanning, voorbereiding en uitvoering van alle aktiwiteite wat met die kinderbediening verband hou.
  • Reël van kampe, uitstappies, vakansie programme, en uitreike vir die kinders.
  • Goeie kommunikasievaardighede met die ouers en die kinders.
  • Kommunikasie in samewerking met multimedia persoon aangaande die kinderbediening bemarking in die gemeente
  • Deurlopende bou en toerus van ’n leier span vir die kinderbediening.
  • Verteenwoordig die kinderbediening by gemeente-aktiwiteite.
  • Bywoon van weeklikse Staff meetings
  • Skakeling met skole, kleuterskole en kultuurorganisasie en bewegings waar nodig.
  • Gereelde gesprek met die leraar wat die kinderbediening & Nuwe generasie bedienings oorsien.

Salaris en ander voordele:

  • Salaris: Op aanvraag beskikbaar.
  • Werksure: Voltyds – Die werksure word bepaal in oorleg met werkgewer tydens onderhoud.
  • Verlof: 21 kalenderdae per jaar. Paasnaweek en Kersdag is werksdae.
  • Bereid wees om ’n polisieklaring te ondergaan.

Kandidate met die volgende ervaring/studierigtings word uitgenooi om aansoek te doen:

  • Diens leraar
  • Onderwyser
  • Besig met teologiese opleiding
  • Onderrig van kinders
  • Tans in ‘n soortgelyke pos

Aansoeke sluit 12 Mei 2024. Aanstelling 1 Julie 2024Aansoeke moet voor of op 2024/05/12 per e-pos gestuur word aan: stefan@ruimsig.com

U BELANGSTELLING EN AANSOEK WORD STRENG VERTROULIK HANTEER.

Klik hier om die pdf dokument af te laai