Goeiedag almal, Ek glo julle almal is volstoom aan die gang met die jaar wat met ‘n spoed begin het. Ons as leierskap van die gemeente is opgewonde oor hoe die jaar vir ons as ‘n gemeente begin het. Ons het verlede jaar ondersoek gedoen rondom die gemeente in die gemeenskap, die gemeentelede (deur middel van ‘n Luisterverslag), die personnel en die ouderlinge. Ons wou leer hoe ons as ‘n gemeente geken word en hoe ons dit kan gebruik in ons strategiese beplanning vir die toekoms. In ons reeks tydens Januarie het ons gefokus op ons bevindinge nadat ons na al die terugvoer gekyk het. Ons het geleer dat ons geken word as: ‘n Egte, relevante gesinsgemeente, gefokus op intensionele dissipelskap en rentmeesterskap, met impakvolle uitreike in die gemeenskap en ‘n plek van aansteeklike vreugde en onvoorwaardelike liefde. Ons strategie vir 2023 word gedryf deur die kenmerke van die gemeente. Dit is ‘n jaar van transisie, wat beteken ons maak sekere veranderinge om die gemeente voor te berei vir die toekomstige generasies. Daarom gaan ons volgende reeks fokus op van die volgende toekomstige fokuspunte: Tegnologie – 5 Februarie Geestesgesondheid – 12 Februarie Generasie Z – 19 Februarie Dekonstruksie – 26 Februarie Ons as leiers en ouderlinge kan die gemeente nie die toekoms inlei sonder almal se hulp en betrokkenheid nie. Jy kan saam ons hande vat op die volgende manier: 1. Bid saam ons – dra die gemeente op aan die Here, elke aand voordat jy gaan slaap. 2. Neem deel – kom dien, daar is verskeie bedienings wat hulp benodig. Daar is ‘n kerngroep in die gemeente wat die bedienings dra. Kom help hulle. (SIEN WAAR JY KAN HELP) 3. Dra finansieel by – baie van ons lidmate het ongelukkig opgehou met bydraes tydens COVID. Ons begroting is 1 miljoen rand oor verlede jaar se begroting omdat ons sekere kapitale en operasionele uitgawes moet aangaan vir ons beplande veranderinge tydens 2023. (SIEN HIER VIR ONS BANKBESONDERHEDE) Laastens wil ek uit my hart uit dankie sê vir almal wat reeds vir ons bid, wat reeds deel is van ‘n bediening en wat finansieel bydra. Blessings Jan Smit Gemeenteleier 082 491 8255 |