Nkosi – 20 000 etes vir skole
January 29, 2021
Hoe om te bespreek
February 10, 2021

Februarie dienste

Hallo almal,

Is dit nie wonderlik dat ons kan sê die damme is vol en die boere kry reën nie.  Wat dié weer vir my wonderlik maak is die sekerheid dat daar PANNEKOEK gaan wees!

Maar saam met die sekerheid word ons ook gebombardeer met soveel ander onsekerhede: weerpatrone, die ekonomie, COVID-19 infeksie en inperking, COVID-19-entstowwe en nog meer.  Hierdie onsekerhede bring baiekeer vrees by ons op. 

Paulus herinner ons wel dat God met ons is.  Hoor hoe mooi stel hy dit in Filippense 4 : 6 -7:  “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”

Ten spyte van al die veranderings en onsekerhede bly God altyd dieselfde, al verander alles om ons, bly God dieselfde.  Sy liefde, genade en seën bly onveranderd.  

President, Cyril Ramaphosa, het op 1 Februarie aangekondig dat daar ’n verslapping in die vlak-3 inperking gemaak gaan word.  Dit beteken dat kerke weer bymekaar mag kom met ’n beperking van 50 mense.  

Ek is super opgewonde om julle in kennis te stel dat ons van 14 Februarie aanlyn dienste ASOOK fisiese dienste by Laerskool Muldersdrif gaan hê.  

Ons het begin met die proses om alles uit te werk sodat alles glad sal verloop en almal veilig sal wees.  Ons sal julle op hoogte hou sodra ons al die feite en inligting het.  (Onthou vir Sondag, 7 Februarie, het ons SLEGS AANLYN diens!)

Hou asseblief ons Facebook bladsy dop vir die nuutste verwikkelings en help ook met kommunikasie deur die aankondigings te share op sosiale platforms.  Maak ook seker dat die Kerkkantoor se WhatsApp nommer (082 889 9730) op jou foon gesave is en as jy nie tans WhatsApp Broadcast van ons ontvang nie, stuur jou naam en nommer vir ons via WhatsApp na 082 889 9730. 

As jy enige vrae het of ondersteuning nodig het, kontak my gerus persoonlik:  082 491 8255 |  jan@ruimsig.com

My gebed is dat die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, oor ons elkeen se harte en gedagtes die wag sal hou. Amen

Blessings

JAN SMIT
GEMEENTELEIER