Die doop is ´n simboliese handeling wat die Here vir ons gee as gawe om ons geloof mee te versterk. In tye van twyfel kyk ons dus terug na ons eie doop met die wete dat die Here ons werklik vrygemaak het van sonde, dat ek werklik ´n nuwe mens is net so waarlik as wat ek in die water ingegaan het en weer uitgekom het! Om deel te neem aan die sigbare teken, wat sal plaasvind op 17 November, kontak die kerkkantoor gedurende die week of kom skryf in by die Steunpunt op Sondag.