Die wag is verby en ek kan nie meer wag om almal weer in lewende lywe te sien nie. Ons is op “Level 1” en op grond van die huidige toestand in die land het ons besluit om ons eredienste by Laerskool Muldersdrif te hervat.
Van Sondag, 4 Oktober, sal ons weer om 08:30 by Laerskool Muldersdrif bymekaar kom. Daar sal wel nog elektroniese eredienste gelaai word op Facebook en YouTube op Sondae, maar daar sal ongelukkig nie meer Worship en Jkidz videos gelaai word nie.
4 Oktober se celebration diens vind plaas om 08:30 op die rugbyveld! Bring jou eie stoel en onthou jou masker, sonskerm en hoed.
WAT JY OP SONDAG 4 OKTOBER KAN VERWAG
Ons beveel aan dat jy 20 minute voor die diens reeds by die skool sal wees en teen 10 minute voor die diens jou sitplek sal inneem.
Arriveer soos normaal by die boonste hek of die onderste hek op Hendrik Potgieter.
Daar sal persone wees wat vir jou sal aandui waar om te parkeer.
Die dra van maskers is teen alle tye verpligtend, vanaf jou kar totdat jy weer terug in jou kar is.
Bring jou kampstoel na die rugbyveld (4 Oktober is ‘n buitelug diens. Indien dit reën sal die erediens binne die saal wees en die kinders by hulle lokaal. Ons sal vroegtydig met jou kommunikeer.)
Daar sal 3 plekke wees waar jy toegang kry tot die afgesperde area. By die ingange is ontsmettingsmiddel (sanitizer) vir jou hande.
Indien jy ‘n sambreel of Gazibo het vra ons dat jy agter of langs die kant sal sit.
Die kinders en jeug gaan saam met ons in die erediens wees, ons vra asseblief dat jou kinders ten alle tye by jou sal wees.
Ons vra dat julle sosiale distansie sal handhaaf en fisiese kontak sal vermy. Plaas asseblief die stoele so dat daar ‘n spasie is tussen jou en die volgende persoon. Indien jy saam jou direkte gesin kom, is julle welkom om julle stoele teenmekaar te sit.
Die diens sal samesang bevat, maar jy word genooi om deel te neem op ‘n manier wat vir jou gemaklik is met jou masker op.
Ons gaan ook saam Nagmaal gebruik. Daar sal Miracle Meal Nagmaalhouertjies wat klaar gesteriliseer is by die die 3 ingange wees. Neem asseblief jou eie een en gebruik dit slegs wanneer dit in die erediens aangedui word.
Indien jy ‘n finansiële bydrae wil maak kan jy die SnapScan gebruik of ‘n EFT maak. Indien jy verkies om jou bydrae in kontant te gee, is jy welkom om dit in die houers te plaas wat beskikbaar is by die ingange na die afgeperkte area.
Daar is selfhelp koffiestaties na die diens wees waar jy vir jouself koffie kan maak.
Ek kan nie wag om julle almal Sondag te sien nie. Indien daar enige vrae of onsekerhede is kontak asseblief vir my of Stefan telefonies of per epos: