Bring Sondag, 10 Maart, kontant saam en ondersteun ‘n goeie saak!
March 6, 2019
Paasnaweek: U, Here, is my hoop
April 11, 2019

Geleenthede waar jy kan connect!

08:30-09:30 Erediens-spasie

 09:30-10:00 Kuier-spasie

 10:00-11:00 Addisionele spasies (Sien onder vir datums en ander inligting)

 J-Kidz en J-Gen word tydens die 08:30-09:30 en 10:00-11:00 spasies aangebied om ouers die geleentheid te bied om die spasie by te woon, terwyl daar na die kinders se geestelike welstand omgesien word.  Unite360 is gesluit vir die skoolvakansie en skop weer 07/04 om 17:00-18:30 af. 

  •  Alpha skop Sondag, 31 Maart, af om 10:00.  Die gratis 9-week kursus gaan jou toerus met ‘n beter begrip van wat ‘n verhouding met Jesus behels.

  • Skenk bloed.  Sondag, 7 April, 09:30-12:30 in die personeelkamer.
  • GriefShare skop Sondag, 7 April, af om 10:00.  Hierdie 13-week program bied ‘n spasie en ondersteunings-netwerk vir persone wat iemand naby hulle aan die dood afgestaan het… ‘n huweliksmaat, ouer, kind, broer, suster, vriend of vriendin.  GriefShare groepe ontmoet weekliks.  Elke sessie word begelei deur DVD-materiaal, ’n handleiding en gesprekke, gefasiliteer deur opgeleide fasiliteerders wat die uitdagings van jou pyn verstaan.
  • Word gedoop op 14 April tydens die 08:30 erediens-spasie.
    In Ruimsig Gemeente poog ons om lidmate te begelei in die proses om werklike volgelinge (dissipels) van Jesus te wees en self mede-verantwoordelikheid te neem van hulle groei.  Formasie (19 Mei, 26 Mei, 2 Junie & 9 Junie van 10:00-11:00) gaan jou help om jou rol in God se koninkryk beter te verstaan binne die konteks van Ruimsig Gemeente.