J-Kidz

1. Missie en Visie
2. Basiese Kinderveiligheidsbelied van ruimsig Gemeente
3. T.R.A.I.N
4. J-Kidz program vir die laaste kwartaal
Visie
Kinders met ‘n Jesus-gerigte impak op die lewe.
Misie
J-Kidz wil op ‘n kreatiewe, kindgerigte manier die Bybel, as handleiding vir die lewe, en die lewe van Jesus, as ons rolmodel, ‘n prakties en haalbare werklikheid in kinders se alledaagse lewens maak sodat hulle ‘n impak in hulle omgewing kan hê.
Die kernwaardes van J-kidz
1. Kindgerigtheid
Deur ‘n kindervriendelike omgewing te skep met dekor en hulpmiddels en deur ouderdomsgepaste kurrikulums te gebruik, maak ons seker dat kinders hope pret het wanneer hulle interaktief leer hoe om volgelinge van Jesus te word.
2. Veiligheid
Ons maak seker dat kinders emosioneel-, fisies- en geestelik veilig is by J-Kidz.
3. Geestelike groei
Dit is vir ons belangrik dat kinders geestelik sal groei by J-Kidz en dat die 5 purposes van die gemeente deel uitmaak van die kind se groei sodat hulle uiteindelik weer vennote in Ruimsig Gemeente sal word wat reeds gemaklik is met dit waarvoor die Gemeente staan en wat ‘n verskil in hul omgewings kan maak.
4. Gesin
By J-Kidz wil ons ‘n effektiewe wisselwerking kweek tussen ouers en kinders sodat die gesin saam ‘n impak kan maak!

[…] …lees verder… […]
Ek wil graag weet of jul kinderkerk les materiaal te koop aanbied?
Hi Eunene,
ek sal jou vraag aanstuur na die kerk kantoor toe.
Groete