Kleingroepe
Ruimsig lééf vanuit sy verhoudinge - ‘n liefdevolle familie. Op voetsoolvlak strewe ons dat alles in Ruimsig gebeur by die kleingroepe, wat God gesentreerd, Christus gefokus en Heilige Gees gedrewe is.
Ruimsig Gemeente het die volge Kleingroepe:
| Naam | Area | Sel no | |
|---|---|---|---|
| Botha Frikkie/Irene | Rangeview | 082-696-6877 | |
| Christie Lloyd | Honeydew | 082-210-2159 | |
| De Lange Ananja | Helderkruin | 083-254-6595 | |
| De Lange Delene | Sterkfontein (Tarlton plotte) | 082-326-4568 | |
| Devantier Marlize | Ruimsig | 082-498-3643 | |
| Du Plooy Martin | Noordkruin | 083-252-6603 | |
| Engelbrecht Anè | Randburg | 082-335-3993 | |
| Fourie Dawie | Roodekrans | 078-255-0935 | |
| Groenewald Theonette/Andre | Honeyhills | 082-826-1570 | |
| Holtzhausen Jaco | Noordheuwel | 082-853-7750 | |
| Labuschagne Charl | Rant-en-Dal | 082-562-1501 | |
| le Roux Jopi | e Featherbrooke | 082-412-2606 | |
| Lindes Neline | Little Falls | 082-780-9312 | |
| Louw Pieter | Ruimsig | 082-888-1971 | |
| Marais Wiets/Rita | Kromdraai | 083-675-2583 | |
| Maré Hestea | Honeydew | 072-454-1110 | |
| Maritz Willem | Featherbrooke | 082-891-0135 | |
| Murdoch Nicolene | Allensnek | 072-447-2216 | |
| Myburgh Leon | Helderkruin | 082-854-3236 | |
| Oberholzer Karla | Krugersdorp | 083-757-7365 | |
| Oberholzer Riaan | Ruimsig | 082-417-9808 | |
| Pauer Sharon | Featherbrooke | 082-683-0244 | |
| Pieterse Gerda | Noordheuwel | 082-337-0840 | |
| Pitzer Alice | Ruimsig | 083-377-1470 | |
| Potgieter Johan/Ida | Sterkfontein | 082-654-1599 | |
| Powell Rayno | Allensnek | 079-225-7546 | |
| Stander Theuns/Drica | Muldersdrif | 083-375-8368 | |
| Stander Theuns/Karin | Krugersdorp Noord | 073-323-1203 |
1. MISSIE
Om almal in Ruimsig as individue in liefdevolle verhoudinge met mekaar te laat leef d.m.v. kleingroepe, en gemeenskap sodat hulle mekaar kan koester om die volle lewe in Christus te ontdek en uit te leef, en ook kan God verheerlik deur die bediening van gawes aan mekaar en sodoende ook soekers kan bereik.
2. VISIE
• Ons streef na ‘n liefdesgemeenskap waar niemand alleen staan nie, maar almal leef in verskillende soorte kleingroepe as netwerke van uitreik, aanbidding, omgee, lewensvernuwing en bediening, ‘n veilige net waar niemand deurval nie.
• Ruimsig is ‘n versameling van lewensveranderende kleingroepe wat onder leiding van toegewyde leiers dinamies na binne en buite leef en sodoende transformasie in die gemeenskap voortbring.
3. VERTREKPUNTE
3.1 Die beginsel van koinonia - Hand 2:42-47
Die doel is nie net dat mense maar net bymekaar moet kom nie, maar dat hulle ware Bybelse koinonia beleef - ‘n lewensgemeenskap waar mense 24/7 kerk is. Hulle lewens met mekaar deel en mekaar koester.
3.2 ‘n Kleingroepgemeente
Ruimsig is nie ‘n gemeente met kleingroepe nie - waar kleingroepe net nog ‘n program is waaraan mense opsioneel deelneem nie. Ons is ‘n kleingroepgemeente - die hartklop van ons gemeente is ons kleingroepe. Dis deel van die visie en bediening van al die leiers en vennote
3.3 Doel van kleingroepe (Vyf lewensdoele - Matt 22:37-40, 28:18-20.)
Kleingroepe is die veilige ruimte in Ruimsig waarin al 5 strategiese doelwitte (5B’s) van Ruimsig gefasiliteer word sodat almal hulle skeppingsdoel kan vervul en ons ‘n transformerende impak op die omgewing kan maak:
1. Bereik/Evangelisering: Kleingroepe moet almal mobiliseer en toerus om mense vir Christus te wen deur die B-O-U strategie (Bid, Omgee, Uitnooi) te lewe. Elke byeenkoms moet ‘n leë stoel hê vir die soeker wat ingetrek moet word.
2. Beleef/Aanbidding: Kleingroeplede moet gebed en “Praise and Worship” saam beleef.
3. Behoort/“Fellowship” en “caring”: In die kleingroepe versorg die lede mekaar in alle areas van die lewe – fisies, geestelik en emosioneel.
4. Begeesterd/Dissipelskap: Dis hier waar ons mekaar aanspreeklik hou en help om geestelik te groei. Dit word ondersteun deur kursusse en preke.
5. Bedien/Bedieninge: In en deur die kleingroepe bedien ons mekaar, die gemeente en die gemeenskap met ons SHAPE (Spiritual gifts, Heart/passion, Abilities, Personality, Experiences).
Ons wil op grondvlak alles in kleingroepe laat gebeur. As kleingroepe bogenoemde 5 strategiese doelwitte fasiliteer (moontlik maak), sal Ruimsig sy roeping vervul naamlik:
Wen, Bou en Mobiliseer om te Transformeer!
3.4 ‘n Verskeidenheid van groepe met verskillende fokusse en beklemtoninge
• By “fellowship”groepe en spesiale sorggroepe soos HERSTELL-groepe staan onderlinge omgee voorop.
• Aanbiddingsgroepe is bv die gebedsgroep of ons “praise & worship” span.
• Dissipelskapgroepe fokus op geloofsgroei en lewensverandering.
• ‘n Bedieningsgroep fokus op ‘n spesifieke bediening of projek.
• Soekergroepe help mense om hulle geloof in God te ondersoek.
As jy nog nie by ‘n kleingroep ingeskakel is nie, kontak gerus vir die kerkkantoor en kom word deel!

