Vrae
1. Moet ek my tiende vir die kerk gee?
2. Wat is die sonde teen die Heilige Gees ?
3. Wat is die doel van vas in die ou testament en is effektief?
4. Hoekom laat God swaarkry toe?
5. As God almagtig is, hoekom het Hy toegelaat dat Jesus sterf?
6. Hoe antwoord ek iemand wat sê die bybel is ‘n storieboek?
7. Ruimsig se standpunt oor doop.
8. Ruimsig se standpunt oor gays.
9. Ruimsig se standpunt oor die naam SlipnoT.
1. Moet ek my tiende vir die kerk gee?
Die Here vra dat ons, ons tiendes vir Hom moet gee. Beteken dit dat jy nou jou tiende vir die kerk moet gee wat daarvan as jy ook vir die nood buitekant die Kerk gee – waarvan die kerk miskien nie weet nie. Gewoonlik is dit my gunsteling vraag vir die aand hierdie. Nee ek terg nou net. Julle sal agterkom in die kerk neem ons nie kollekte op nie of geld op nie want ons glo dit is jou eie persoonlike keuse.
Die Bybel maak wel n appél daarop Die nuwe testamentiese beginsel, vriende., praat nie eintlik van tiendes nie. In die ou testament dan kry jy sekere tekse wat sê jy moet jou tiende gee soos Maleagi 3 . Ander tekse sê weer jy moet n vyfde gee ander sê weer jy moet n derde van jou oeste gee en so meer. So as jy regtig konsekwent wil wees moet jy al hierdie goed in ag neem. Wat die hele ding van die tiende sê is veral in die Nuwe Testament, alles wat jy het behoort aan die Here. Alles want Hy het alles geskape, jy behoort aan Hom en alles wat aan jou behoort, behoort dus ook aan Hom Jy kan gebruik wat jy nodig het en die res gee jy vir die Here. Nou wat beteken die terme “vir die Here” soos wat hierdie persoon dan inderdaad gevra het? Ek dink dit beteken n paar goed. Die kerk is die liggaam van die Here met n sekere missie in die wêreld en uiteraard kan hulle nie klaarkom sonder die bronne van die mense wat dit bywoon nie.
So wat ons altyd in die verlede vir ons mense, wat hierdie vraag gevra het, antwoord. Wat moet ek gee? Ek persoonlik dink n tiende is n baie goeie riglyn alhoewel dit nie n wet van mede en perse is nie. Dit bly n baie goeie riglyn – so ek dink wat jy wel kan doen is in die verlede he tons vir ons mense gesê as jy waarlik commited is tot die gemeente as jy bv Ruimsig gemeente jou tuiste wil maak as jy natuurlik net n besoeker as asb moenie verplig voel om iets te gee niejy is ons gas en asseblief aanvaar dit so maar as jy Ruimsig jou tuiste beskou, gee vir ons vyf persent en die ander vyf persent hou dit dan vir persoonlike nood wat jy raaksien by mense. Die kerk is nie verantwoordelik vir al die nood in die wêreld nie. Ons moet daarin voorsien so hard en so goed as wat ons kan want ons is die Here se agent vir die vervulling van nood in die Here se plan Maar jy hoef nie die volle tien persent vir die kerk te gee nie Gee vyf persent en hou dan die ander vyf persent en kyk waarvoor jy dit nog kan gebruik. Omdat n tiende nie die riglyn is nie, het ek al baie vir mense gesê wat baie meer het, n persoon wat n miljoenêr is het al vir my die vraag gevra wel ek dink jy kan op tien persent leef jy kan negentig persent gee Hy het drie strandhuise ek het vir hom gesê verkoop die een, verkoop dalk twee. Ek is ook ernstig as ek dit vir hom sê want alles behoort tog aan die Here. Daarmee bedoel ek nie dat hy dit vir my of die kerk moet gee nie vriende al wat ek probeer sê ons moet onthou dit is die Here se geld. Waarop kan jy lewe sodat jy soveel van jou lewensbronne kan instoot in n missie of vir die Here se ryk en vir mense se nood baie kan beteken. So ek hoop ek het nou genoeg gesê hieroor ons kan nie te lank hierby stilstaan nie. As daar nog enige vrae in die verband het is julle welkom om jou vrae te stel.
2. Wat is die sonde teen die Heilige Gees?
Ongelukkig sal ons moet Bybelstudie doen oor hierdie besondere vraag anders gaan julle dit nie verstaan nie. Matt. 12 praat van die sonde teen die Heilige Gees. Ek lees vir julle daar staan “ Daarom sê ek vir julle elke sonde en lastering kan die mense vergewe word maar die lastering teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie. Dan gaan die Skrif verder. Ons moet die konteks baie goed verstaan. Kom ek lees gou vir julle die konteks. Hulle bring toe n man wat in die mag van die duiwel was na Jesus toe,die man was blind en stom. Jesus het sy gebrek genees sodat hy weer kon praat en sien. Die hele menigte was verslae en het gevra is hy nie die Seun van Dawid nie. Dit is nou n belangrike ding wat hier gesê word. Bedoelende is Hy nie miskien die Messias nie? Jammer as ek so vinnig praat hierdie is n baie lang antwoord. Vergeef maar die spoed. Want die Fariseers , die Skrifgeleerdes, die kerkmense van daardie tyd het geweet wat oor Jesus voorspel is en Jes. 35 word voorspel die Messias sal siekes gesond maak en blindes sal sien, Hy sal dowes laat hoor en Hy sal die bose oorwin onder andere. Hier kom Jesus, Hy oorwin die Bose, hy dryf die goed uit so wat moet die kerkleiers gedoen het. Hulle moes almal op n klip gespring het en skree haai kom almal, die Seun van Dawid is hier by ons. Maar wat doen hulle, hoor wat sê hulle . Hy dryf duiwels uit alleen met Beelsebul, se krag die aanvoerder van die duiwel
So wat sê die kerkmense? Nee hierdie is nie die Messias nie Hy doen die dinge met behulp van die duiwel. Nou kyk n bietjie verder - dan gee Jesus vir hulle n baie slim antwoord as die satan dan deur die satan verdryf is maar as Ek met behulp van Beelsebul, dit is die aanvoerder van die duiwels, die bose uitdryf. Wie se volgelinge is julle dan? Hoor wat sê vers 28 aangesien Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf het die Koninkryk inderdaad tot by julle gekom. Wat sê Christus eintlik vir hulle? Hy wil vir hulle sê weet julle wat eintlik hier gebeur het en julle het dit nie raakgesien nie, die kerkmense, die Gees van God praat met julle - die Gees van God doen hierdie wonders deur My, en hoekom, die Gees van God kommunikeer aan julle Ek is die antwoord vir hierdie wêreld. Ek is die Messias. Dis wat die Gees vir hulle wou kommunikeer. Ek gee hierdie antwoord baie kort. In daardie konteks sê Hy elke sonde en lastering kan die mense vergewe word maar die lastering teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie. Hy bedoel daarby - dit is die werk van die Gees van God wat deur die Bybel of wat deur mense op hoe ook al n manier in elke persoon se hart klop en vir jou wil sê Jesus is die Messias. Hy is die een wat sou kom . Hy is die antwoord op hierdie wêreld en as jy Hom sou weerstaan, veral tot die dag wat jy sterf, dan beteken dit dat jy dit nie vergewe sal word nie. Met ander woorde wat beteken dit in vandag se terme? As jy teen die Here rebelleer, en jy aanvaar Jesus Christus nie, dan beteken dit dat jy laster teen die Heilige Gees. Jy weerstaan Hom jou hele lewe lank. Want die hoof boodskap wat die Heilige Gees vir jou probeer gee is -Jesus is die Messias, en jy moet Hom aanvaar. Maak die antwoord vir julle sin?
So die sonde teen die Heilige Gees, ek weet daar is baie mense wat rondloop met vrees en bewing want hulle is so bang dat hulle n sonde commit teen die Heilige Gees. Hulle dien die Here flat out maa5r hulle bly heel tyd bekommerd, heng julle moenie dink dit is wat hierdie Skrifgedeelte beteken nie. Dit beteken dat die persoon wat sy hele lewe deur die boodskap van Jesus nie hulle eie maak deur te erken dat Hy waarlik die Messias is nie. Jy kan ook Romeine 1 en 2 Tess 2 ens. ons kan ongelukkig nie op al hierdie skrifgedeeltes ingaan nie maar dit is die basiese antwoord op die vraag – wat is die sonde teen die Heilige Gees.
3. Wat is die doel van vas in die ou testament en is dit effektief?
Dit is baie interessant dat ons samelewing vandag nie baie meer maak van vas nie. Dit is baie interessant om te kyk in die Ou en Nuwe Testament die helfte van die tekse wat handel oor gebed handel ook oor vas. Jesus gebruik dit bv in Matt 6 as Hy sê as julle vas moenie julleself mismaak nie, was julle gesig,kam jou hare. Wat Hy hiermee bedoel is die Fariseers wou altyd graag vir die mense wys hoe heilig hulle waarlik is dat hulle selfs hulle gesigte met as gesmeer het, hulle moes vaal en uitgehonger lyk en hulle hare moes deurmekaar wees. Sodat as die mense hulle sien moes hulle sê “oh holy, holy” en Jesus sê vir hulle, moenie dit doen nie. Jesus het self gevas. Hy het op n keer vir 40 dae gevas en ek dink die doel van vas is doodeenvoudig geestelike verryking vir jouself. Mense kan vas vir vele redes.
In die Bybel het mense gevas alvorens hulle groot besluite geneem het. Soms as hulle deur n baie moeilike tyd gegaan het en hulle gesoek het na n antwoord van God. Vas is nie om God se arm te draai of om Hom te manipuleer nie. Vas is vir persoonlike verryking. Wat ek miskien vir julle moet sê is dat vas vir my help om my gedagtes gefokus te hou. Dit fokus my veral op God en dat ek net van Hom afhanklik is. N Ander ding wat dit vir my persoonlik beteken is n groot sleutel tot geestelike groei in die Bybel is om jou liggaamlike begeertes te kan beheer. Die Here sê nie dat jy dit moet doen om Sy kind te word nie maar Hy sê tog as ek wil groei sal ek selfbeheersing moet toepas en dit is ook een van die vrugte van die Gees en daarom is daar ook n teks in 1 Kor. 9 :27 waar Paulus sê ek bring my liggaam onder beheer sodat ek nie ander moet oproep tot die stryd nie en dan self nie kwalifiseer nie. Weet julle ons liggame is n baie belangrike sleutel tot ons eie geestelike ontwikkeling. Daarom is vas n baie belangrike ding.
Ek persoonlik is baie lief vir eet - en eet kan baie maklik my afgod word. En soms is dit my afgod. En ek moet vir myself somtyds net sê ek hoef nie te val daarvoor nie. En dan moet ek n dag of twee daarsonder klaar kom sodat ek ook kan sê ek het dit nie altyd nodig nie die Here is die Een op Wie ek kan fokus. So vas is n baie belangrike ding. As julle dalk boeke soek om te lees oor die onderwerp. Daar is onder andere n besondere boek geskryf deur Dallas Willard - “Spirit of the disciplines” hy is bietjie academies maar hy sê ook skitterende goed oor jou liggaam se rol in jou geestelike groei. Richard Foster het ook n uitstekende boek geskryf en die titel is “Celebration of Discipline” Kyk gerus na boeke oor die onderwerp.
4. Hoekom laat God swaarkry toe?
Ek verwys nou na iets soos iemand wie se pa vermoor is of kindermishandeling of verkragting? Ek dink op hierdie vrae is daar n paar baie belangrike dinge wat ons vir mekaar moet sê . Ek wil so bietjie ekstra tyd aan hierdie vraag spandeer. As ek met mense praat dan kom ek agter dit is die mees gevraagde vraag. Mense wat al navorsing gedoen het oor hierdie goed sê vanuit n fisiologiese oogpunt dit is die vraag wat mense die heel meeste vra. Daar is ook n skeptiese vra - is daar waarlik n God? Hoekom laat Hy dan lyding toe? Dink julle ons kan bietjie stilstaan by hierdie probleem? Kom ons kyk dan daarna. Ek dink nommer 1 moet ons onthou lyding en swaarkry betree die area van die misterieuse en God se raad. M.a.w. die manier hoe Hy dink en hoe Hy dinge soms toelaat en nie toelaat nie. So in die eerste plek dink ek ons moet in nederigheid vir mekaar sê ons het nie altyd n clue nie. Somtyds het ons net nie antwoorde op hierdie dinge nie en miskien gaan ons een dag die goed verstaan aldan nie
Ek dink nie ons moet simplistiese antwoorde probeer kry vir swaarkry nie. En ek bedoel hier is miskien selfs vanaand mense in die gehoor wat al deur baie diep swaar gegaan het. Onthou net vanaand is n baie rasionele aand ons moet die goed baie klinies hanteer en wanneer ons dit doen wil ek ook net verskoning vra en sê ons probeer op geen manier emosionele pyn waarmee een van julle dalk sit nie of selfs die stress waarmee jy worstel te verkleineer op enige manier nie. Ons sal ongelukkig redelik vinnig oor hierdie onderwerp ook moet beweeg. Kom ons begin by die eerste punt. Oor die algemeen kan ons dalk vier of vyf punte en as ek miskien nie by die vyfde punt uitkom nie, herinner my dat ek net by die punt ook uitkom. Waarna ons egter moet kyk as ons kyk na God en Lyding. Miskien eers net n inleiding. Die vraag oor God en Lyding is net in Westerse denke vandag n probleem. Dit is baie interessant. Mense wat oor hierdie goed navorsing doen, Weet julle wie is die mense wat nie n probleem met God en Lyding het nie? Is mense wat in derdewêreldse situasies sit en in lyding sit. Hulle het nie groot pyne hiermee nie. Hulle is gewoond dat hulle God in hulle pyn ontmoet. Die Bybel is een van daardie boeke. Dit is nie n westerse boek nie dit is n midde-oosterse boek. En as jy hom lees dan sien jy daar is vir die Bybel geen “?diskrepedansie” tussen God wat liefde is en pyn in die wêreld. Kom ons begin by die eerste punt. Die Bybel is hoegenaamd nie onrealisties oor pyn nie. Hy is baie blatant oor pyn. Die Bybel steek dit ook hoegenaamd nie weg nie. Ek sê dit baie pertinent omdat mense soms n vraag vra asof die Bybel vir ons n Ethopia hier op aarde belowe nou kry ons dit nie en dan maak ons of God en pyn twee pole teenoor mekaar is.
Ek wil nie vir julle preek nie ek wil net vir julle n interessante stukkie lees hoor bietjie wat sê die Bybel: Hoe lank gaan U my nog bly vergeet Here? Dit is Dawid wat hier aan die woord is – vir altyd? Hoe lank gaan U nog van my af wegkyk? Wie van julle het al so gevoel? Ons voel mos almal soms so. Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en my dae met kommer deurbring? Hoe lank sal die vyande nog oor my heers? Hoe lank dink u sit hierdie ou al met sy probleem? Lank want hy vra dan – hoe lank? Psalm 22 ken julle baie goed Dawid is weer aan die woord lyk of hy n moeilike ou kon wees. My God, my God waarom het U my verlaat? En bly U so ver as ek na U om hulp roep? Julle ken almal vir Job maar hoor bietjie watse goed raak hy kwyt. As julle nou al ooit iemand in depressie gesien het luister wat sê Job. Die dag waarop ek gebore is moes nooit aangebreek het nie. Die nag toe gesê is dat n seuntjie die wêreld ingekom daardie dag moes net donkerte gewees het. God daar bo raak gesien het nie. Geen lig moes deurgebreek het nie. Donkerte en duisternis moes dit opgeeis het. Wolke moes toegetrek het;. Die donkerte moes daardie nag ingesluk het. Dit moes nooit ingereken gewees het in die dae van die jaar nie. Dit moes nooit bygevoeg gewees het by die berekening van die maande nie. Daardie nag moes niemand gebore gewees het nie daar moes geen blydskap gewees het nie. Hoe erg kan dit nog raak???
So my eerste antwoord is die bybel het nog nooit gedink God en pyn is weersprekend van mekaar nie. Kyk ook na Psalm 73 dit is altyd vir my n interessante psalmpie, God is vir Israel baie goed, vir dié wat rein van hart is. Tog het ek daaraan begin twyfel. Dis nou Asaf hier aan die woord. Hy en Dawid wat pelle gewees. Ek het byna koers verloor want ek het die goedhartige goddeloses met afguns bejeën toe ek hulle voorspoed sien . Het julle al daaraan gedink? Hulle het geen kwellings nie, hulle is sterk en gesond , hulle het nie sorge soos ander mense nie. Hulle het nie teespoed soos ander nie daarom hang daar trots aan hulle soos n halssnoer en kleef geweld aan hulle soos n kleed. En so gaan hy aan en dan het n vreeslike treurmare oor hom. Jy ken miskien ook mense hulle is nou sommer sleg, maar tog gaan dit so goed met hulle. Of jy ken miskien vanaand iemand wat waarlik die Here probeer dien of tenminste n baie goeie mens is,en met hierdie persoon gaan dit glad nie so goed nie. Is dit nie so nie? Die Bybel is nie onrealisties oor pyn nie. Dit is die eerste en baie belangrike ding wat ons moet onthou. Die tweede punt is ons moet in ag neem dat pyn en swaarkry nie die Here se eerste plan was vir hierdie wereld nie. Hy het nie die wêreld so geskep nie. Hy het die wêreld geskep in die tuin, perfek en die vehoudings was perfek, daar was ook perfekte harmonie wat egter die pyn en lyding gebring het is nie die Here se idée nie, Hy het die mens die keuse gegee oor wat hy wil doen met sy lewe. Hy het die mens geskep om in n liefdesverhouding met Hom te staan om lief te hê. Hoekom het Hy die moontlikheid geskep dat die mense vir Hom sou kon nee sê en dat die hele wêreldgeskiedenis sou verander. Dink gou mooi daaroor. As die Here nie die ruimte geskep het virmense om vir Hom nee te sê nie, en Hy dwing hulle om Hom lief te hê is dit waarlik liefde? Ek dink nie so nie. Daarom het Hy die ruimte geskep. Hy het nie die sonde geskep nie maar die ruimte daarvoor want dit is die een weird interessante ding aan die een kant wat die Here in die mens raaksien hoe Hy hom geskep het en dit is om keuses te maak en Hy het die mense die keuse gegee om te kies en die mense het die keuse gemaak en Hy het saam met hulle keuse gegaan. Omdat God die mense severteenwoordiger was het die hele mensdom daarna gely en leef ons nou in die era waar God se wil nie altyd geskied nie. Dink julle waarlik dit is die Here se wil dat klein kindertjies mishandel word? Mense so seerkry? Mense vermoor word? Natuurlik nie. Dit is nie hoe Hy die wêreld gemaak het nie. So die tweede baie belangrike punt is dat die pynlike wêreld so onvolmaak is God se plan B omdat Hy aan die mens soveel gesag gee dat Hy die wêreld toelaat om sy gang te gaan omdat die mens dit self gekies het. En die Here is altyd so hoor die ere Die Here gaan ons nie vir altyd “nag” nie, Hy gee ons waarlik n vrye wil maar dit bring ons by die derde punt . Die gebroke wereld waarin ons nou leef is nie God se laaste Woord nie. Die Here het die gebrokenheid gesien waari n ons geleef het en Hy het n plan daarmee gemaak. Dit is waarom God mens geword het en Jesus op die aarde kom loop het want God kon die mense daar gelos het en sê tough luck weg met julle maar Hy het dit gelukkig nie gedoen nie. Hy het n ander plan gemaak. In die hele ou Testament sien jy die Here se compassion vir mense en Hy wil hê dat ons weer met Hom in n verhouding moet staan. Daarom het Jesus aarde toe gekom, daarom het Hy gesterf sodat hierdie wêreld waarin ek en jy leef nie die laaste wêreld hoef te wees nie. En daarom is pyn en lyding nie God se laaste sê nie. Kom ek raak gou baie persoonlik vir n oomblik. Hier is van julle wat vanaand hier sit en jy dra iets saam in jou lewe kom ons gebruik die ergste vorm miskien van lyding nl om n geliefde te verloor.
God het dit toegelaat hoekom sal ons nie weet nie, maar weet jy wat is belangrik? Die dood van daardie geliefde van jou en die pyn waarmee jy nou sit om dit te verwerk is nie die Here se laaste woord nie oor jou lewe of oor daardie persoon se lewe nie. Eendag leer die Bybel vir ons, gaan die Here terugkom en Hy gaan alles verander en Hy gaan n nuwe wereld skep soos Hy die eerste een geskep het en dan gaan jy die mense, as hulle die Here in elk gev al geken het, sal jy hulle weer sien. Jy sal al jou geliefdes weer sien en dit is baie belangrik. Kom ons praat bietjie daaroor. Die Bybel leer jy kan nie werklikwaar voluit vir God leef as jy nie n ware perspektief het van waarheen jy gaan nie. Dit is ongelooflik belangrik want dit sal bepaal hoe jy nou leef. En ook wat jy nou doen. So derdens dit is nie God se finale woord gewees nie die lyding was veral nie Sy laaste woord gewees nie en daarom het Hy Sy Seun gegee . Die vierde ding is - dat ek en jy - Jesus het juis mens kom word om te kom deel in ons lyding en dit terwyl ons nog hier is. Mense dit bly vir my n ongelooflike ding. Jesus het nie net aarde toe gekom om te kom sterf nie maar dink vir n oomblik wat vat dit van die tweede persoon in die Goddelike drie-eenheid wat perfekte h armonie gehad het met Sy Goddelike self om uit die perfektheid van die hemel uit neet te daal as ons dit so wil stel, op hierdie stofplaneetjie te kom loop, pyn te beleef, dieselfde suurstof en stikstof kombinasie in te asem as ek en jy, dieselfde bloed te sien vloei vanuit sy liggaam, dieselfde pyn , dieselfde hartseer te beleef, ook hoe dit moet voel om deur vriende verlaat te word en verraai en verloën wat ook deur die pyn van alles te gaan. Hoekom doen Hy dit? In die eerste plek om vir ons die ewige lewe te bring en vir ons redding te bring maar ook sodat ek en jy kan weet waarheen ons eendag gaan. Sodat wanneer ek en jy swaarkry en ons in pyn verkeer te weet Hy het ook pyn want Hy was ook hier en het dit ook beleef. Hy weet verseker hoe ons voel. Die seuntjie kom na die “pet shop” toe en hy sien daar is n klomp hondjies in die boks en hy wil een van hulle vat en hy sien die een hondjie is heeltemal gebreklik. Sy agtervoetjie is uitgehaak en hy sleep sy agterlyfie so vorentoe. Hy se vir die oom by die “pet shop” ek wil graag daardie een hê . Die oom wil hom eers nie aan die seuntjie verkoop nie en sy hy moes hom eintlik vankant gemaak het maar die seuntjie word kwaad en sê “ek soek hom”. Half gefrustreerd pluk die seuntjie sy broekspype op en hy het self “braces” om sy beentjie en hyself loop mank - en hy antwoord die man “hierdie hondjie het iemand nodig wat sal verstaan” Hoekom het Jesus aarde toe gekom? Want ek en jy het ook Iemand nodig wat waarlik sal verstaan
Om uit te hou en aan te hou in hierdie tyd totdat Hy weer eendag gaan kom of tot ek sterf en jy sterf en ons by Hom is. Dit is die vierde ding en dan die vyfde. Dit spreek dalk nie direk die pyn aan nie maar ek dink ons moet hiermee afsluit. Ons moet ook onthou dat ook ons vir God kan seermaak. Ons dink nie hieraan nie. Die Bybel sê dat n lewe sonder Hom maak Hom geweldig hartseer. Hy kyk na party van ons se lewens wat heeltemal sonder Hom lewe totaal afgesonder en Hy dink dat Hy Sy lewe vir my gegee het of iemand anders en dan leef Hy in pyn omdat Hy sien ons wil nie reageer op Sy roepstem nie. Ons kan dit gerus in gedagte hou. Vriende hierdie tema is nie n uitgediende tema nie ons sal seker nie kan klaarl praat oor pyn nie. Ek dink dit bly n baie filosofiese ding, ek dink dit bly n baie moeilike ding veral n emosionele ding om te hanteer maar ek dink nietemin dit is n paar stippelyne wat die Bybel en die Woord van God vir ons hieroor wou gee. Ek dink in elk geval en wat ook baie belangrik is is wanneer ons pyn sien dat onsGod se agente sal wees in hierdie wêreld en dat ons mekaar se hande sal vat en ook vir mekaar sal sê jy hoef nie alleen daardeur te gaan nie.. God het ons juis n Liggaam gemaak om vir mekaar om te gee. As daar nog enige verdere vrae is ek kan nie sê ons kan vanaand alles hieromtrent beantwoord nie want die tyd laat ons ongelukkig nie toe nie. Onthou Jesus het gesê in hierdie wêreld gaan ons dit moeilik hê Hy het nooit gesê dit gaan altyd mooi weer en sonskyn wees nie. Hy het wel gesê daar gaan baie “joy” wees want dit is die paradoks van die Evangelie dat juis somtyds wanneer ons deur n swaar tyd gaan dat God se teenwoordigheid daar sal wees. Dalk moet ek net n kort getuienis deel as leraar. As leraar het ek al baie langs mense gestaan wat regtig baie ernstige pyn beleef , mense wat kinders aan die dood afgestaan het. Ek sal nooit vergeet n tweejarige dogtertjie Simone sy was twee jaar oud en het my baie aan my eie dogtertjie Jessica laat dink, sulke groot bruin ogies wat so vir jou kyk en sy was in vir n “grommets operasie” Toe ruil hulle per ongeluk die suurstof en die stikstof pypie om sy beland toe in n koma vir n dag en toe is sy oorlede. Hoe praat jy met die ouers oor so iets? Wat my egter so versterk het was om te sien hoe daardie twee mense aan die Here vashou en sê ons verstaan dit nie maar ons het al geleer dat ons Hom kan vertrou Ons kan Hom ook ve rtrou met hierdie pyn al verstaan ons dit gladnie. Ek het al keer op keer gesien hoedat mense deur onbegryplike pyn gaan en dan in die Krag van die Here staan. En dan het hulle ook nog n ongelooflike getuienis vir die mense om hulle. En hulle kom daardeur. En ek weet nie of ons waarlik aan hierdie kant van die graf ooit volkome kan herstel van n kind se dood nie. Ek twyfel baie sterk. Maar ek kan nog steeds die Here vertrou al het ek nie altyd die antwoorde daarop nie. En dit bly n ongelooflike getuienis.
5. As God almagtig is, hoekom het Hy toegelaat dat Jesus sterf?
Het Hy nie n ander manier gehad as die grusame dood wat Jesus moes sterf aan die Kruis nie. En dit om ons sondes te verlos nie. Ek het nie n “clue” nie. Behalwe om te sê ek dink die persoon verwys n a die Passion wat sy gekyk het. Ek dink wat egter vir my uitstaan daarvan is - die Bybel wys net weer vir ons tot watter ekstreme vorme die Here sal gaan om —-my en jou by Hom te kry. Dit is wat die grusaamheid van Jesus se dood vir my wil sê. Ons kan vir baie lank in die ou Testament ingaan en kyk na die bloed wat sou vloei as n offer en dat Jesus toe die finale Offer was maar ek dink nie dit beantwoord noodwendig die vraag nie. Ek dink egter die belangrikheid van hierdie punt is die Bybel is vol daarvan dat God se genade radikaal is vir my en ook vir jou en God is nie n Vader Kersfees nie. Ek dink God se regverdigheid is die ongelooflikste ding. Die sonde het kom skade doen tussen die verhouding van God en die mens en God het besluit in Sy Heiligheid en Wie Hy in Sy Volmaaktheid is dat die enigste manier hoe Hy die mense weer by Hom sal kry is dat Iemand die skade sal moet herstel. Hy het dit nie van ons verwag nie want ons sal dit nie kan doen nie ons te onvolmaak en hoe sou ons dit tot volmaaktheid kon herstel? Hy moes dit kom herstel van Sy kant af. As ek nou hier uitry en ek stamp Wally se kar en ek vra hom “Wally vergewe my asb” en hy sê sharp jy is vergewe - die feit dat hy my vergewe het haal nie die duik uit die kar nie. Is julle met my die kar moet nog herstel word iemand sal dit moet betaal – reg of verkeerd. Dieselfde met die skade wat die wereld gedoen het almal is Vader Krismis maar iemand moet dit nog regmaak en die iemand moes eintlik ons gewees het en die Here het gesê toemaar Ek sal dit vir julle doen en dit is hoekom Hy aarde toe gekom het.
6. Hoe antwoord ek iemand wat sê die bybel is ‘n storieboek?
God luister dan ook in elk geval nie na my klein gebede nie. Hier is eintlik twee vrae in een. Ek wil so bietjie stilstaan by die een. Die Bybel is nie n storieboek nie kom ons begin hier. Kom ons praat n bietjie hieroor. Kom ons praat oor die betroubaarheid van die Woord. Wil julle hê ek moet hieraan aandag gee? Ek dink dit is n belangrike vraag en al hoe meer mense vra deesdae hierdie vraag. Ek dink n mens kan tereg vra die Bybel is n ou boek. Hy is tweeduisend jaar oud. Hoe weet ons dat die kopieë
wat daarvan gemaak is oor en oor of dit nog waarlik getrou is aan die oorspronklike storie of die oorspronklike geskiedenis net soos jy wil wat opgeskryf is in die eerste manuskripte. Verstaan julle die vraag? Daar is twee toetse waardeur n manuskrip moet gaan om te sien hoe akkuraat dit nog is aan die oorspronklike. Vriende hierdie goed wat ek nou aanraak is soms moeilik om te verstaan en ek gaan baie vinnig hieroor. Ek vra verskoning vir die spoed waarmee die goed hanteer word. Daar is twee groot toetse die eerste een is – jy kyk hoeveel manuskripte jy altesaam het tot jou beskikking om meet te vergelyk. Want hoe meer manuskripte jy tot jou beskikking het, om te vergelyk, hoe makliker is dit om te weet as almal min of meer eenvormig is dan beteken dit dat die kans baie goed is dat dit nog eens is met die oorspronklike boodskap wat oorgekom het. As jy nie baie manuskripte het om te vergelyk nie of die een wat jy vergelyk verskil heeltemal, hemelsbreed, van die wat op n ander plek is dan moet jy baie versigtig wees en jy begin jouself afvra watter een van die twee is nou waarlik die regte een. Of is nie een van die twee op die ou ent reg nie. Of is daar alreeds so ver afgewyk van die oorspronklike. Dit is die belangrike ding. Die antwoord hierop is eintlik baie eenvoudig hoeveel manuskripte het ons veral oor die Nuwe Testament oor die Lewe van Jesus oor Sy wonderwerke, Sy opstanding want die mense sê - weet jy wat soos wat goeie getroue gelowiges oor die eeue heen die manuskripte oorgeskryf het so het hulle die wonderwerke van Jesus ingeskryf omdat hulle dit graag wou glo. Hulle het geglo en daarom het hulle op die ou ent dit ingeskryf daarom het hulle ook die opstanding ingeskryf So nou vra ons onsself af - hoe getrou is dit? Hoeveel manuskripte het ons om te vergelyk Voor ek vir julle die syfers sê kom ek sê eers vir julle hoe meet ons ander antieke dokumente. Ek noem n voorbeeld. Daar is n Romeinse skrywer wat geskryf het 116 NC. Sy naam was Takitis. Hy word vandag saam met Josefus die Joodse skrywer beskou as die mees betroubare historiese bronne. Weet julle hoeveel manuskripte het ons van hom? Ons beskou hom as redelik akkuraat en ons maak baie gevolgtrekkings histories vanaf sy dokument Hy het geskrywe die anale van imperiale Rome en hy het dit geskryf 116NC Weet julle hoeveel manuskripte het ons van hom?
1. Net een. Julius Ceasar se Galliese-oorloë hoe weet ons hy het dit gedoen, daar is manuskripte wat sê hy het dit gedoen. Ons het omtrent 10 manuskripte hiervan. Josefus is een van die mees betroubare ouens Hy is 37 NC gebore en hy was net na n tydgenoot van Jesus. Hy skryf ook en het twee groot verwysing na Jesus. Hy verwys na Jesus as Een van wonderwerke doen ens En sy Joodse oorloë bv gebruik ouens vandag nog hy is die mees gesagvolle historikus vandag op die antieke tyd van die Romeinse goed. Ons het 9 manuskripte van hom. Nou moet ek miskien nog iets byvoeg. Die tweede toets ons het nog net van die eerste een gepraat. Die eerst toets is hoeveel manuskripte het ons Die tweede is hoe oud is die oudste wat ons het. Ek het so rukkie terug van Takitis gepraat hy het geskryf 116 NC die oudste manuskrip wat ons van hom het 850 jaar na hy geskryf is m.a.w. die oudste manuskrip wat ons van hom het is amper n 1000 NC Dit is die oudste wat ons van hom het. Dit is ook die enigste een. Josefus s’n is geskryf in die 10e,12 e eeue na Christus. Dit is nie baie oud nie ons beskou dit is redelik jonk. Ons beskou dit as baie akkuraat want daar was ook 9 om mee te vergelyk Nou wil ek graag oor die Bybel praat. Die Bybel se net klein Griekse manuskripte het ons 5 664 van, dis belaglik. Dit is belaglik baie. Die antieke dokument wat die naaste aan die Bybel kom m.a.w. wat ons die tweede meeste manuskripte het van ?? Miliades?? Wat omtrent n 150 NC geskryf is dis die oudste manuskrip. Hoemerus? Het geskryf 850 VC??? So dit is amper n 1000 jaar oud en van hulle het ons 650. Dit is die naaste wat ons aan die Bybel kom Vriende ek het gesê oor die 5000 manuskripte dan het ons nog ??insuale manuskripte dis manuskripte wat in Griekse hoofletters geskryf is wat in die derde eeu na Christus dateer van hulle het ons omtrent 600 dan het ons nog 8 tot 10 000 Latynse manuskripte dan het ons Koptiese ? en Armeniaanse manuskripte nog 8of 10 altesaam het ons24 000 manuskripte van die Nuwe Testament. Ek kan vir julle aanhalings gee ek het dit nie nou hier nie van Sekulêre nie gelowige Bybelstudente wat sê daar is geen ander geskrif in die wêreld enige plek in die geskiedenis wat opweeg teen die van die Bybel nie. Ek kan nie verder oor manuskripte praat nie ons kan baie lank hieroor gesels, ons kan praat oor die manuskripte wat ontdek is die ?Komran geskrifte hoe dit bevestig wat die Bybel wil sê ons kan praat oor die tekse van die ?Septus die oerteks Ons kan oor n klomp ander goed nog ook praat dit is net verstommend. Dus hoe weet ek die Bybel is waar
1. Die manuskripte daarvan het ons redelike sekerheid daarvan dit is baie getrou. Vriende die trant wat die Bybel geskryf is, kom ons kyk na die lewe van Jesus, kom Ons kyk na die wonderwerke en Sy opstanding. Die hele Bybel is geskryf deur ooggetuies. Die Bybel gebruik taal soos 1 Joh. Van die begin af was Hy daar, dit is Jesus, Ons het Hom self gehoor. Ons het Hom met ons eie oë gesien Ja ons het Hom gesien en met ons eie hande aan Hom gevat. Hy is die Woord en Hy is die Lewe. Die Lewe het gekom en ons het gesien en ons is getuie daarvan en ons Verkondig aan julle Ewige Lewe wat die Vader was en aan ons geopenbaar is. Dis ooggetuie. Markus was nie n ooggetuie nie. Maar hy het saam met Petrus gewerk wat n ooggetuie was. Lukas was ook nie n ooggetuie nie maar hy het saam met Paulus gewerk wat n ooggetuie was. Die ouens wat die Bybel geskryf het was mense wat saam met Jesus geleef het, Sy wonderwerke gesien het, wat die opstanding gesien het en soos wat Christo gesê wat bereid was om te sterf vir dit wat hulle in geglo het daar is baie godsdienste fanatici in die geskiedenis wat van hierdie 9/11 ouens wat met vliegtuie in geboue vasgevlieg het.
Wat van hulle dit is baie waar maar dink aan die volgende hulle het geglo in wat hulle ged ink het waar is en as die dissipels nooit Jesus se liggaam gesien het nie en hulle het Hom waarlik gesteel en weggesteek en hulle het dit geweet en n leuen begin verkondig – niemand sal bereid wees om te sterf vir n leuen nie veral nie as hy weet dit is n leuen nie. Dink gou mooi wat moes die Romeine doen of die Jode om onmiddellik n summiere stop te sit in die Christelike Godsdiens. Wat dink julle moes hulle doen? Eenvoudig - kry net Jesus se liggaam Sit Hom op n wa Trek met Hom deur Jerusalem sodat almal Hom kan sien. Hulle het Hom nie gekry nie want Hy was weg. En mense sê daar het legendes ingesluip in die Bybel Dit kan ook nie wees nie. Mense sê daar het tussen 4 en 6 geslagte nodig om van n legende te ontwikkel. Daarom die ooggetuies van die gebeurtenis moet al dood wees sodat hulle nie meer die geskrifte kan korreleer nie. Dan begin legendes ontstaan. Die Markus Evangelie is geskryf in die laat 50’s omtrent 60NC Sommiges sê 70 NC Lukas en Matt. Is in die 80’s na Christus geskrywe. Johannes is in 90 NC geskryf. En dit is die laatste goed wat eintlik in die Bybel geskryf is. Die briewe van Paulus is heel eerste geskryf en is eintlik voor die Evangelies geskryf Die meeste van Paulus se briewe is in die 50 e NC geskryf Daar was nie tyd vir legendes nie. En hierdie daterings wat ek vir julle gee is nie net Christen teoloë wat agendas het nie dit is gesiene scholars wat soms nie eens gelowiges is nie. Baie van julle het seker al gehoor van die Jesus Seminar - dis n klompie Nuwe Testamentiese teoloë wat n klomp bewerings maak hulle maak staat op geskrifte hulle hoof ou is Dominque Croisant ? hy maak staat op die goeters soos die geheime van die Markus Evangelie wat niemand weet waar hy is nie. Terloops ons kry hom nie. Daar is slegs rumours oor die man. Hy se die vroeë kerk het homoseksualiteit beoefen en Jesus het nie regtig opgestaan nie, Jesus is ook nie dood nie en so meer Hulle maak gebruik van die Tomas Evangelie Die Tomas Evangelie is ontdek in1945 met die ?
Murray geskrifte en dit is universeel dat Jesus stellings maak in soos bv hy sê daarso as vrouens hulleself net in mans kan verander dan kan selfs hulle hemel toe gaan eendag. Dit ruim hoegenaamd nie met die Here Jesus wat ons in die Evangelies ken wat die toets staan van die historiese tyd en die ooggetuie wat daar van al die goed rondom mee saamgaan. Paulus se in 1 KOr. 15 Hy skryf oor die opstanding Jesus het regtig opgestaan uit die dood Hy lewe en hoor wat sê hy Hy het aan my verskyn en ook aan die twaalf en toe aan 500 broers gelyk van wie sommige al gesterf het maar die meeste van hulle nou nog lewe. Wat sê hy vir hulle man gaan vra julle vir die ouens hulle loop mos nou self daar rond julle hoef nie vir my te luister nie. Gaan vra vir die ooggetuie hulle het dit ook gesien. 500 het hom gelyk gesien maar deksels almal is dood. Dit is nie hulle lewe almal en het Jesus gesien gaan vra hulle julle sal self uitvind. Ek wil net hierdie vragie mee afsluit sodat ons na n paar ander goed kan kyk maar vriende die ongelowige ding vir my is as ek die goed bestudeer waarna Christo ook gekyk het hierdie goed rondom Jesus is nie n klomp klein opskure navorsings wat in n donker hoekie gedoen is nie Hierdie is ouens sommige van hulle reis die wêreld vol in Amerika en Europa om daar by Prof. uit te kom en debate te voer. Hulle is nie bang nie hulle kom met die goed. In Amerika was daar n ou ek dink so in die laat 80’er jare of die 90’s Dit is dieselfde Leigh Strobel van wie Christo netnou gepraat het hy het n Ateis vriend. En die vriend se vir hom julle sal nooit public gaan nie en Leigh antwoord hom okay ons gemeente sal praat – bring vir ons die beste ateis wat julle kan kry ons sal hom invlieg op ons onkostes en ons sal n christen kry en ons debatteer ateïsme en die christen godsdiens. Ek het n video hiervan by die huis sou een van julle dit wou leen julle moet dit net teruggee voor die wederkoms. Ek moet vir julle sê dit help nie ek probeer nou vertel wat ek op die video gesien het nie maar julle moet julleself be gin blootstel aan hierdie klas van goed Weet julle ek kom agter as n mens nie weet van hierdie bronne nie dan dink jy daar is nie sulke goed nie.


ek wil net weet oor gays,as jy gay is en dit is verkeerd om jou lewe saam n mans persoon of vrou te wees,wat is die rede dat jy as gay on beskryflik lief raak vir n persoon van die sele geslag,ek het lief geraak vir iemand en sal my lewe gee vir daai persoon,ons is wel nie meer saam nie maar vind nog steeds daai liefde in my hart vir hom,kom liefde nie van god af nie,ek meen god is liefde,emn oorskry liefde nie baie dinge nie.net soos normale mans en vrouens raak ons as gay ook lief ek meen almal weet wat liefde is,en ja ek kon nie my liefde keer nie,toe ek my kon kry toe was dit daar,nie kaans gehad om teen te veg nie.ek maak dalk nie sin nie ,maar al wat ek wil weet is liefde kom van god,en as jy as gay vir iemand lief raak,is dit god of satan wat daai liefde gee,wat staan gay mense te doen as jy so lief is vir iemand,moet jy net op pak.ek het als gesien dat daar gays is wat in n verhouding is en als,en die werke van god is ook daar betrokke,ek weet van gays wie se gebede verhoor word ten spyte van wat hulle lewens wyse is.ek voel dat al is jy gay,en jy het die liefde van god in jou hart sal god jou nog steeds ondersteun,solank jy god in jou hart saam jopu dra in jou lewe jy en jou lewens maat.is ek verkeerd of ni,ek is eintlik baie deur mekaar,groete H
Geagte HCK Naude,
Ek weet nie of jy al ons standpunt dokument gelees het nie, maar baie van jou vrae word daar beantwoord. Sien gerus http://www.ruimsig.com/Blog/?page_id=203
Ons verstaan dat dit ‘n baie moeilike proses is om deur te gaan en wil ons ondersteuning bied waar ons kan. Stuur gerus ‘n epos aan info@ruimsig.com sodat ons ‘n afspraak kan maak en die gesprek kan verder voer.