Ruimsig se standpunt oor doop

INLEIDING: ONS STANDPUNT OOR DIE BYBEL
Ons grondwaarde oor die Bybel lui soos volg: “Ons glo dat die Bybel God se Woord is, DAAROM word alles in die gemeente gedryf vanuit die Bybel en God se doel vir die gemeente.” Verder sê ons geloofsbelydenis “Die Bybel is die Woord van God en is kragtig, onfeilbaar in sy boodskap en genoegsaam vir enige persoon se geestelike lewe.” Ons bly dus in nederigheid poog om al ons standpunte te grond en te baseer op die Bybel in die konteks waarin hy geskryf is. Ons glo die Bybel is net so relevant vir vandag soos vir die eerste gehoor waarvoor dit geskryf is. Ons glo dus nie dat die Bybel bloot ´n primitiewe boek is wat ontstaan het vir ´n primitiewe gehoor in die verlede nie. Sy gesag geld vandag en sy boodskap is ewig.

Ons verstaan en erken dat daar sekere temas is wat moeilik is om te interpreteer in die lig van die Skrif omdat die Bybel dit nie direk aanspreek nie. Ons probeer egter met ons eie beperkte kennis en insig steeds die riglyne te volg wat die Bybel uitstip. ´n Standpunt oor ´n saak is egter ook iets wat ontwikkel soos wat ´n mens (of gemeente) se verstaan van die Skrif en sy agtergrond ontwikkel, dus is geen standpunt tot in sy fynste detail “in sement” gegiet nie maar onderhewig aan verandering soos wat ons ook die Bybel beter leer verstaan in sy konteks.

BEKERINGSDOOP, KINDERDOOP EN DIE INSEËN VAN KINDERS:

Die geskiedenis oor die doop in die kerk is ´n verhaal van ernstige verskille en selfs openlike vyandigheid tussen verskeie standpunte. Voorstaanders van die kinderdoop het grootdopers beskuldig van afwatering van die verbond en laasgenoemde groep het weer die ander beskuldig van ontroue Skrifuitleg. Ruimsig Gemeente glo dat alhoewel die doop belangrik is, en ´n belangrike rol speel op enige persoon se pad van geestelike groei, dit op die kantlyn staan in die Bybel en geen skeiding of verdeeldheid behoort te veroorsaak nie, ongeag verskille of persoonlike oortuigings.

Ruimsig Gemeente onder oortuiging van bekeringsdoop. Die Here gee aan sy kerk twee sakramente, naamlik die doop en die nagmaal. Die nagmaal gebruik ons gereeld as herinnering van Jesus se dood aan die kruis vir die hele wêreld en daarom nartuurlik ook vir my. Op dieselfde wyse herinner die bekeringsdoop ons egter aan dit wat God reeds persoonlik in my lewe gedoen het deur my te red uit die mag van sonde. Daarom is bekeringsdoop ´n handeling waartoe jy toestem nadat jy gekies het vir Jesus Christus as die Here van jou eie lewe. Hierdie is beslis die prominente gebruik van die doophandeling in die Nuwe Testament. Dit kan gesien word in teksgedeeltes soos Handelinge 8 waar Filippus die Etiopiese man doop, die evangelies waar Jesus self gedoop is as volwassene, Paulus en ander apostels se verwysing na die doop as teken van die redding wat hulle reeds van God ontvang het, asook die opdrag van doop wat saam met die sendingopdrag gegaan het in Matteus 28:18-20.

Daarom sal Ruimsig Gemeente al sy vennote uitdaag om hulleself te laat doop (selfs herdoop wanneer die betrokke persoon reeds gedoop is asl baba) om deel te neem in die sigbare teken van die seën van die ewige lewe wat hulle van God ontvang het.

Daar is geen magiese krag in die doop nie. Dit is ´n teken wat die Here vir ons gee as gawe om ons geloof mee te versterk. In tye van twyfel kyk ons dus terug na ons eie doop met die wete dat die Here ons werklik vrygemaak het van sonde, dat ek werklik ´n nuwe mens is net so waarlik as wat ek in die water ingegaan het en weer uitgekom het

Bekeringsdoop as “score”.

Herdoop? Ons is van oortuiging dat dit hoegenaamd geen negatiewe effek kan hê op ´n mens wanneer ´n persoon wat reeds as babatjie gedoop is self besluit om weer gedoop te word uit eie keuse nie. Daar is geen Bybelse verbod op so ´n praktyk nie. Dit beteken egter nie dat ons sal aanbeveel dat ´n persoon hom / haar oor en oor doop nie. Indien wel kan die diep persoonlike betekenis van die doopgebeurtenis ook afgewater word.

Wat van die inseën van babatjies? Wanneer die ouers van ´n babatjie besluit dat hulle die belofte van ´n Christelike opvoeding wil maak voor die gemeente, maar die kindjie eerder self wil laat kies op ´n later ouderdom om hulleself te laat doop uit eie oortuiging, stel ons voor dat hulle die babatjie inseën. Hierdeur belowe hulle dat hulle die kleintjie volgens die wil van die Here sal grootmaak en word die babatjie ingelei in die gemeenskap van gelowiges. Hiermee word nie bedoel dat die kleintjie reeds in ´n regte met God staan nie maar dat hy / sy nog later sal moet reageer op die roepstem van God om Hom te aanvaar as Redder en Here.

Wat dan van kinderdoop? Wanneer die ouers van ´n babatjie besluit dat hulle die belofte van ´n Christelike opvoeding wil maak voor die gemeente, en hulle die kinderdoop wil gebruik as teken hiervan, sal ons die kleintjie doop. As die bekeringsdoop soos ´n trouring (nl dat ek reeds in verhouding met Jesus Christus staan) aan ons vinger sit, sal die kinderdoop dien as verloofring (nl dat God nog in verhouding met my wil staan). Soos met die inseën belowe ouers wat hulle kinders doop dat hulle die kleintjie volgens die wil van die Here sal grootmaak en word die babatjie ingelei in die gemeenskap van gelowiges. Hiermee word nie bedoel dat die kleintjie reeds in ´n regte met God staan nie maar dat hy / sy nog later sal moet reageer op die roepstem van God om Hom te aanvaar as Redder en Here.

Wat is die verkil tussen die kinderdoop en die inseën? Daar is byna geen verskil nie. Presies dieselfde belofte word deur die ouers afgelê en die twee handelinge het presies dieselfde betekenis. Al wat verskil is dat daar water gebruik word by die kinderdoop en nie by die inseëning nie.

Die babadoop as verloofring, en die bekeringsdoop as trouring, maak dat albei praktyke wesenlik dieselfde Bybelse betekenis het en die dat die Bybel ruimte maak vir albei. By die een word egter teruggekyk (na my bekering) en by die ander word daar vooruit gekyk (na my bekering).

26 Responses to “Ruimsig se standpunt oor doop”

  1. Waar in die bybel word daar van die klein doop gepraat.

  2. Hand 16:15; 16:33 en 18:8 verwys na huisgesinne wat gedoop is. Die afleiding kan gemaak word dat van die gesinne babas of jong kinders gehad het.

  3. Goeie vraag,

    Ek dink nie dit word ooit spesifiek genoem in die bybel nie, as dit indien so is dan is my volgende vraag waar kom kleindoop dan oorspronklik vandaan? Wie het eerste besluit dat n mens gedoop MOET word as jy n baba is? En heeltemal met die grootdoop weggeval het? ai…

    Ek lei af uit die artikel hierbo dat ruimsig onderseun die grootdoop (bekerings doop) en dan die inseening van babas (kleindoop). Dit maak sin vir my.

    Dankie tog dit het niks met redding uit te waai nie.

  4. Daar is natuurlik nie ‘n teks vir die kleindoop nie, maar natuurlik ook nie daarteen nie. Die HELE Bybel speek eintlik van die kleindoop, omdat die doop ‘n teken en waarborg van God se genade is. Alle doop is nie ‘n teken van die mens se bekering nie, maar van God se genade in Jesus Christus. Babatjies (nie kleintjies nie) is reeds in die OT besny, as teken van God se genade.
    Selfs Babatjies is in die regte verhouding met God Jer 1:5, Ps 139. Kleindoop is beslis nie ‘n sg. verloofring (nl dat God nog in verhouding met my wil staan) nie. Dis die teken en waarborg dat God reeds in ‘n verhouding met my staan.
    Lees gerus Adrio Konig se boek Christelike doop en bekeringsdoop!

  5. Dis verbasend hoeveel tyd aan dinge soos die klein en groot doop in beslag kan neem. Mark 16:16 (OV) Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. Die Woord van God sê, Glo eers, of, wie tot geloof gekom het, dan eers volg die doop. ‘n Baba kan glo nie, al wil ons so graag hê dat dit so moet wees. die wyse waarop babas “gedoop”, is nie doop nie. doop en besprinkeling is in die skrif is twee verskillende woorde, het twee verskillende betekenisse en die een wat die twee woorde verwar, moet na die betekenisse daarvan gaan kyk. Mense gebruik nie God se Woord om hierdie twee bymekaar uit te kan bring nie.

  6. Ja ek stem, mens kan nie klein doop en inseën vergelyk nie. DOOP - beteken onder die water gaan, en -Klein doop of kinder doop- gaan definitief nie onder die water nie. As jy gedoop word, word die “ou jy” begrawe en die “nuwe jy” staan dus op uit die water uit. En dan leef jy jou lewe saam met God. So daar is nie iets soos klein doop nie, Jesus se opdrag aan ons as mense was - Gaan uit, maak dissipels van mense en DOOP hulle.
    Dus kan ‘n klein baba nie die besluit maak om sy lewe vir die Here te gee nie en moet dan ingeseën word deur die ouers en dan aan hom/haar verduidelik word dat hy sy hart vir die Here moet gee en DAN gedoop word.

  7. Die volgorde geloof-doop is natuurlik geensins Bybels nie. Mark 16:16 stel gewoon twee gebeurtenisse en nie ‘n volgorde nie. Daar staan NIE “Hy wat eers glo en dan laat doop” NIE. Die woord sê nêrens dat ons eers moet glo en dan gedoop word nie. In die Bybel is kinders al op 8dae besny. Jer 1:5 sê dat God vir Jeremia al geken het voor hy nog gebore is!

    Doop beteken nie nie NET onderdompel nie: Luk 3:16 praat van “Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.” Doop beteken nie net onder die water gaan nie!

    Daar is GEEN Bybelse ondersteunining vir die sg “inseën” van babatjies nie. Dis ‘n mensgemaakte reëling om die verleentheid van die bekernings-doop alleen te ontduik.

    Ons doop ons babatjies omdat God hulle gekies het - Joh 15:16 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies. God kies ons voor geboorte (Ps 139, Jer 1:5 ens). En DAAROM doop ons ons babatjies. Ons doop nie as teken dat hulle glo nie.
    Wanneer ons tot geloof kom (vir Jesus kies) dan is dit God wat die geloof in ons harte gewek het. Ef 2:8, Joh 6:63 “Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie.”

    Ons plaas te veel klem op mense se dade (glo, gee hart vir die Here, doen dit doen dat) en te min klem op die dade van God.

  8. Errata: Die uitsluitlike volgorde geloof-doop is natuurlik geensins Bybels nie.

    Die woord sê nêrens dat ons slegs eers moet glo en dan gedoop word nie.

    Christus Groete
    SHREK

  9. eks bly almal stem lekker saam hier… ek love sulke discussions…

    Daar is n baie goeie voorbeeld in Handelinge 8, die verhaal van phillip en die Eunich, wat bekeer het, en dan die vraag vra:

    As they traveled along the road, they came to some water and the eunuch said, “Look, here is water. Why shouldn’t I be baptized?”[f] 38And he gave orders to stop the chariot. Then both Philip and the eunuch went down into the water and Philip baptized him”

    Maar neem kennis dat vers 37 nie daar is nie (meeste bybles het die vers dalk nog in die footnotes, in die res is dit heeltemal missing), die BELANGRIKE vraag van die Eunich word nie beantwoord nie, dis asof Phillip sy vraag ignoreer.. nee..glad nie… vers 37 antwoord die vraag wat so baie van ons vandag nog vra:

    die vraag: wat keer my om gedoop te word / Wanneer moet ek myself laat doop? As ak n baba is? As ek groot is? As ek bekeer het? en die anwtoord is heel duidelik:

    37And Philip said, If thou believest with all thine heart, thou mayest. And he answered and said, I believe that Jesus Christ is the Son of God.

    nog nmeer interesante topic is hoekom die vers missing is :)

  10. Die verhaal van Filuppus en die Etiopiër wys een kant van die saak. Persone wat hulle uit die heidendom na Christus bekeer word dan vanselfsprekend gedoop. Dus wie van ongeloof tot geloof in Jesus Christus kom, word gedoop - as teken en bevestiging van God se redding nie as teken van geloof nie.
    Maar wat van die Etiopiër se kinders? Hulle behoort tog vanweë die verbond aan die Here? Daarom sal hulle wel gedoop word - omdat God hulle kies. Dit was die bedoeling van die besnydenis en ook nou die doop.
    Ons leef elke dag met die troos en oproep dat ons gedoop is (toe ons klein was)

    Christus groete
    SHREK

  11. wel doop het net een kant het dit nie? As die eunich se kinders tot geloof kom/bevestiging van God se redding (wats die verskil??) dan ja, laat doop hulle. maar as hulle nog te jonk is om self die keuse te maak dan wat hep doop?

    Dis als pretty basic vir my, en verstaan nie altyd die “issue” om doop nie…

    As jy die keuse gemaak het om n kind wan God te word, dan laat doop jou as n teken van dit, uit gehoorsaamheid. dis al. punt.

    So obviously as jy n kind is wat nognie oud genoeg is of vir homself kan besluit nie wat gaan doop jou help?

  12. Doop het inderdaad twee “kante”. Diegene wat uit die heidendom hulle tot Jesus bekeer, word dan gedoop (bekeringsdoop).
    Diegene wat as kinders van gelowiges gebore word, word gebore binne die verbond (babatjies). God ken hulle, al ken hulle God nie. Hulle word gedoop as teken en bevestiging dat God hulle as sy kinders aangeneem het (verbondsdoop).

    Die doop help ons om te weet dat God ons as sy kinders aangeneem het. Die doop help ons nie om ons aan ons eie goeie dade (geloof, gehoorsaamheid) te herinner nie.
    Waneer ‘n kind wat gedoop is dus opgroei en mettertyd die Here leer ken, dan herinner sy klein-doop hom/haar dat God hom/haar gekies het.

    Wanneer die doop afhanklik word van óns geloof, óns besluit, ‘ons keuses, óns goeie werke dan moet ons eintlik gereeld gedoop word, want ons moet elke dag die keuse vir God maak.
    Die eenmalige keuse is God se keuse vir jou, alreeds voor geboorte. Daarom doop ons hulle wat hulle uit die heidendom tot Christus bekeer én hulle wat as babatjies in die verbond gebore word.

    God is die een wat die verlossing bewerk, nie ons nie. Wanneer ons die Here kies (sg aanneem) dan is dit net omdat God ons klaar aangeneem het (genade) Ef 2:8, Joh 6:63.
    Vir meer inligting verskaf ‘n epos adres dan stuur ek.
    Probeer gerus: http://www.ngkerklevubu.net/nagevo07.htm

    Christus groete
    SHREK

  13. Wel ek moet se dis die eerste keer wat ek ooit hoor van 2 tipes dope. n ‘bekerings-doop’ en ‘verbonds-doop’?

  14. Nee Francois, nie twee dope nie, maar twee kante van die doop: Heidene en Verbondskinders.

    Christus Groete
    SHREK

  15. Ek wil graag my 3 maande oue babatjie doop of soos wat ek verstaan inseen, maar dit wil ek op my eie tyd doen en nie as gevolg van familie druk nie. Ons het as gesin besluit om eers kerk toe te gaan en daarna sal ons op ‘n datum besluit. Nou ander familie lede het hulle baba laat inseen nie lank gelede. Hulle gan glad nie kerk toe nie en verseker glo nie. Wat beteken dit dan dat hulle die baba laat inseen maar hulle het self geen geloof nie?.

  16. Baie geluk met die kleintjie!

    Ek dink dis baie wys van julle om te wag voordat die julle die babatjie doop/inseën en dat julle nie val vir familie druk nie. Daar is geen geestelike seën waarop die kleintjie uitmis indien jy wag nie. Maak eers seker van julle eie verhouding met die Here.

    Wat betref jou ander familie: ons voer onderhoude met elke egpaar om so duidelik as moontlik vas te stel of die mense aan die Here verbind is aldan nie. Wanneer hulle ons oortuig dat hulle wel is dan doop ons die kind. Ek het egter al self vele couples afgeraai om dadelik te doop / in te seën omdat ek getwyfel het in hulle geloofsgereedheid. Dit is natuurlik moontlik vir enige iemand om ons te mislei deur aan ons die regte antwoorde op te dis sonder om dit opreg te bedoel. Dan word dit ’n saak tussen hulle en die Here. Indien ons self van sulke gevalle hoor sal ons die mense liefdevol konfronteer, maar kan ongelukkig nie almal “op check” nie.

    Baie sterkte met julle journey, ek voel dat julle die regte gesindheid het!

    Groete.
    Roedolf

  17. Dis nogals interressant dat vanaf Januarie tot April slegs 16 reaksies ontlok word uit hierdie artikel/onderwerp en sommige is herhaling van dieselfde persone.
    Ek word die laaste tyd gekonfronteer met die groot doop en is op soek na antwoorde. Waarom is dit altyd dat die chrasmatiese groeperings so sterk voel oor hul saak en die ander altyd laat voel hul is “verkeerd” en moet nog tot insig kom, maar die teendeel nooit ervaar word nie? Het God nou eers/laaste tyd hierdie mense die insig of vermoee gegee om die eeue oue Bybel so te interpreteer en Hy laat die ander in die duister?
    Hierdie voel ek is een been van ons godsdiens en word onnodig ‘n issue van gemaak. Ek weet van mense wat hul laat groot doop het en daarna het hul handelinge nie getuig van iemand wat nader aan Gog leef nie. So doop jou groot as dit is wat die Here op jou hart le en laat doop jou kind as dit is wat die Here op jou hart laat, maar moenie die ander een in twyfel bring wat glo dit wat hy doen is reg in die oe van die Here nie. Ons dryf net ‘n wig in waar dit nie hoort nie.

  18. Ek voel nie dat daar ‘n reg of verkeerd is wanneer jy gedoop moet word nie.

    Mark 16:16 (soos hier al genoem) bly egter in my kop - “Whoever believes and is baptized will be saved, but whoever does not believe will be condemned.” Jammer ek lees die engelse weergawe van die Bybel.
    Ek glo dat indien jy gedoop word maar nie glo nie dat die doop egter niks “beteken”. In doop sê jy dat jy glo en dat jy “repent” vir jou sondes en dat jy jou nuwe lewe met/vir Hom gaan lewe. In die Bybel - ek dink Ephesians 2 - staan daar “…by grace you shall be saved, through faith…’. Dit sê egter ook vir ons dat indien jy in Hom glo dat jy gered sal word en indien nie is jy condemned.

    Dit help nie ‘n mens word gedoop maar jy het nie faith nie. Hoe kan jy jou lewe vir Hom lewe en dat Hy deur jou kan lewe as jy nie glo nie. Met die doop was/begrawe/doen jy weg met die “ou” jy en “emerge” jy as ‘n nuwe mens wat vir God lewe en Hy deur jou - dit maak nie saak van jou ouderdom nie. *Soos die Bybel sê - …set out a new life.*

    Indien jy jou hart en lewe aan Hom gee wanneer jy ouer is, dan kan jy gedoop word (dit blyk uit sommige verse in Die Bybel dat die doop belangrik is vir Hom, want jy declare en confess Jesus voor ander) aangesien jy ‘n nuwe lewe met Hom begin en jou “ou” lewe met sonde ens agterlos.

    Om op te som sê ek maar net dat as jy gaan kyk wat doop beteken, maar jy glo nie in Hom nie en het ook nie faith in Jesus nie kan jy nie lewe soos Hy wil hê jy moet nie en dus hoekom word jy gedoop (’n vraag wat jy jouself moet afvra). Die doop sien ek as ‘n “public testimony” van ons geloof in Jesus Christus.

    Dit is my siening oor doop in die algemeen en natuurlik gaan daar die wees wat nie dieselfde siening het nie. Die belangrikste van als is, is dat ons in Hom moet glo met ons hele hart en siel en Hom toelaat om deur ons te lewe.

    Net om oor iets te dink:

    Luke 23:42-43

    Then he said, “Jesus, remember me when you come into your kingdom”
    Jesus answered him, “I tell you the truth, today you will be with me in paradise.”

    En dit was ‘n krimineel wat tien teen een nie gedoop was nie. Die persoon het gesondig en agv dit was hy tot die dood veroordeel. Op sy laaste het hy Jesus gesien en geglo en is hy gered.

  19. Dagsê. Ek kom uit ‘n Gereformeerde agtergrond. Ek het so bietjie hier gelees en ek weet dat ek bietjie laat is, maar wil tog my 5c se waarde toevoeg. Die eenigste manier hoe ‘n mens in die hemel kan kom is deur Jesus Christus te aanvaar en te bely as jou Verlosser en Saligmaker. Of jy gedoop is of nie, dit gaan jou nie in die hemel kry. Selgs Jesus Christus. Geen ander manier.

    Ons is in ‘n oorlog, of ons dit wil erken of nie. Die beste taktiek is “Divide and conquer”. Boeties en Sussies, hoe lank gaan julle nog aangaan met die stryery oor Groot doop of Klein doop, onderdompeling of besprinkeling.

    Wat ek hier sien is 100% wat die Satan wil hê: “Divide and conquer”. Het julle al vir een oomblik gedink hoe die lyk vir mense wat nie Christus ken nie? Ons sal eerder oor mense gemaakte reels baklei, en dan kom ons nooit uit by wat werklik saak maak nie. Ons is ambasadeers volg 2Kor5 vir Christus. Mense, ons doen nie reg. Ons moet die bybel vir mense uitleef. Die liefde van God het gemaak dat Hy sy Seun vir ons gegee het om seker te maak dat ons nie hel toe gaan nie. Die liefde van die Seun vir ons Vader en ons, het hom gedring om aan die kruis te bly, al wou hy nie. Dit is die Heilige Gees wat hierdie Liefde in ons laat groei. Niks wat enige iemand doen of sê kan ons skei van die liefde van God Rom8! Dit is waar oor alles gaan. LIEFDE!!! Vir ons GOD, en vir ons NAASTE!!!

  20. Ek is ook laat maar wil graag byvoeg aan wat hier geskrywe staan … ek sukkel so bietjie met die Afrikaans so wil graag my verstaan oor die onderwerp in Engels deel.

    “Therefore leaving the principles of the doctrine of Christ, let us go on unto perfection; not laying again the foundation of repentance from dead works, and of faith toward God, of the doctrine of BAPTISMS, and of laying on of hands, and of resurrection of the dead, and of eternal judgment.” (Hebr 6 v 1-3)

    An understanding of the doctrine (i.e. teaching) of baptisms is clearly crucial for a sound “foundation” in the Lord. The Bible contains numerous examples of people who where baptized in the name of the Lord Jesus and this baptism therefore undeniably forms one of these forms baptisms.

    I am convinced that it is not necessary to be baptized in order to be saved (one need only consider the example of the malefactor at Jesus’ crucifixion who is most certainly in paradise with Jesus right now). Peter in his letter to the churches explains that forgiveness comes through baptism not by the removal of dirt from the body, but the response of a good conscience towards God (1 Peter 3v21).

    The importance of baptism therefore does not turn on salvation as such (as one can be saved without being baptized) but rather on the identification with Jesus in His death and resurrection, as a newly born Christian who’s aim is from that point on to press on towards perfection. This is achieved by acting in OBEDIENCE(i.e. “gehoorsaamheid”) towards Jesus as a child does towards his parents. The Bible is clear that you must first repent and believe AND then, respond to God’s calling on your life by being baptized (John 3v5-7, Mark 16v16, Acts 2v38).

    It therefore does come down to love but in Jesus’ own words ” He that hath my commandments, and keepeth them, he it is that loveth me: and he that loveth me shall be loved of my Father, and I will love him, and will manifest myself to him.” (Joh 14:21).

    Liefde in Jesus

  21. Ek dink ek wil ook net se dat net omdat ons hier dit lekker sit en “discuss” beteken nie ons maak onnodig n issue uit dit uit nie. Ek dink meeste van ons weet dat daar baie belangriker dinge is om oor te bekommer as doop.

    ek stel net baie belang in sulke tipe goed en hou daarvan om dit te sit en bespreek. :)

    Groete aan almal, en dankie vir almal se insette!

  22. My stuiwer in die armbeurs. Hewige argumente rondom die interpretasie van skrifgedeeltes wat doopinsidente weergee is al heelwat holrug gery en eensydig. Daar is duidelik twee strome van denke wat ek in die beprekinge op dié webwerf kan onderskei. Eerstens dié wat die verskeie tekse wat spesifiek oor doop insidente letterlik opneem sonder verdere ontleding, en dié wat dieselfde tekse van nader bekyk om die dieper betekenis te probeer verstaan. Die eerste groep ignoreer die kontektuele veral wat betref die betekenis van doop. Ek sou sê hulle tree fundamentalisties op (stenig opstandige seuns by die stadspoorte en basta). Die ander groep neem die hele bybel vanaf die Abrahamietiese verbond in ag en steun nie die gedagte van doop bloot omdat jy gehoorsaam wil wees nie, maar probeer die betekenis van die doop beter verstaan. Die gedagte van die betekenis van die doop as sakrament pas na my mening beter by die tweede groep wat die doop sien as ‘n onvoorwaardelike genadeteken deur God en nie as ‘n teken van die “prestasie”, van eers verstaan van die blye boodskap, voor daar gedoop kan word nie. Ek ondersteun dit wat ek veral in Romeine lees en opgesom kan word met “moenie hulle veroordeel oor wat hulle glo met die lig wat op ‘n gegewe stadium tot hulle beskikking is nie”. Sommige eet nie afgodsoffer vleis nie maar eer God ook daarmee. God het ons sakramente gegee vir ‘n doel en die Nederlandse geloofsbeleidenis stel dit duidelik. Sakramente is: …… dat ons goeie God, omdat hy met ons stompsinnigheid en swakheid rekening hou, die sakramente vir ons ingestel het om sy beloftes aan ons te beseël, om tekens van sy goedheid en genade teenoor ons te wees en om ons geloof te voed en in stand te hou. Dit geld natuurlik ook vir die groot doop maar kan nie dieselfde betekenis hê by herdoop nie. Kinderdoop verwag nie prestasie van die baba nie want dis God wat die belofte maak sonder enige voorwaardes en gedwonge teenprestasie.

  23. Sien my vorige kommentaar

  24. Een ding waaroor ons almal darem kan saamstem, is dat die doop is nie noodsaaklik vir wedergeboorte of om gered te word nie. So, ons kan dit daarso los.

    Maar toe het ek verder opgelees oor hoe Paulus die doop voorskryf, en dat bekering van sonde nie genoeg is nie, maar geloof in Jesus ook. Sien Handelinge 2: 37 – 38. Dus, in my opinie, moet die persoon wat gedoop word kennis dra wie Jesus Christus is, wat Hy gedoen het vir ons, wat die doop beteken, asook bekering van ‘n sondige leefstyl. Dit is hoe ek Jesus se doop verstaan en hoe Paulus dit voorgeskryf het en ongelukkig kan ‘n baba, wat nog nie regtig begrip het van enige iets nie, nie voldoen daaraan nie. Die Gereformeerde kerke glo egter dat die geldigheid van die doop nie afhang van die aanvaarding daarvan nie, maar van God self. Dit is God se teken van sy verbintenis aan ons. Dit klink alles goed en wel, dit klink pragtig en reg dat dit die besnydenis vervang, maar waarop basseer hulle dit, want dit is nie wat die Bybel sê waaroor die doop gaan nie. Of verstaan ek dit verkeerd? Hoe kan mens iets so duidelik oor die doop raak lees in die Bybel en dan dit om ander maniere met ander betekenisse toepas, soos om dit vir inseening te gebruik?

    Die tweede ding waarmee ek nie saamstem is dat besprenkeling as geldige manier van doop beskou word.Volgens die Didache, wat in 110nC geskryf is oor leering die 12 Apostels, kan mens water oor die hoof uitgiet 3 keer. My persoonlike opinie is dat dit net in die geval kan gebeur wanneer die persoon te swak is om onderdompel te word. My rede hiervoor is die volgende: die Afrikaanse woord “doop”, kom van Engelse woord “baptize”, wat kom van die Griekse woord “baptizo”, wat beteken onderdompel, immerse, binne-in-water. Die Nuwe Testament is geskryf in Grieks en wanneer Jesus die nuwe Christenlike doop instel, gebruik hy die woord: “baptizo”. So, dit laat my aflei dat wanneer Jesus gepraat het van doop, Hy graag wou gehad het dat ons onderdompel word in water. Hoe kan so iets, weereens, ook net blatant ge-ignoreer word deur ondersteuners van baba besprenkeling? Dit is soos om te se: “Ek hoor wat U se oor die doop Here Jesus, maar ek gaan dit op my eie manier doen wat gemaklik vir my werk.”

  25. Verskoon tog, ek het bedoel: “hoe Petrus die doop voorskryf”

  26. Dit is natuurlik nie korrek om te beweer dat “Doop” altyd onderdomeling/indompeling beteken nie. In Mark 1:8 staan daar “Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.” Ons is tog nie IN die HG onderdompel (doop) nie!

Leave a Reply