Beginsels

DIE 8 BEGINSELS SAAM MET 12 STAPPE VAN H.E.R.S.T.E.L.L.

Beginsel 1 - Hou op om te dink ek is God; erken ek is magteloos om my eie gewoonte om die verkeerde te wil doen, te beheer, en erken dat my lewe buite beheer is.

* Stap 1: Ons het erken dat ons geen mag het oor ons verslawings en ons kompulsiewe gedrag nie, en dat ons lewens buite beheer geraak het.

Beginsel 2 – Erken en glo vas dat God bestaan, dat ek vir Hom saak maak, en dat Hy die mag het om my te help herstel.

* Stap 2: Ons het by die punt gekom waar ons glo dat ‘n Hoër Mag as onsself, ons kan herstel tot heelheid.

Beginsel 3 – Reik na God deur jou lewe en wil oor te gee aan sy sorg.

* Stap 3: Ons het die besluit geneem om ons wil en ons lewens oor te gee aan die sorg van God.

Beginsel 4 – Stel ondersoek in na- en bely my foute openlik teenoor God, myself en nog ‘n persoon wat ek vertrou.

* Stap 4: Ons het ‘n diep en vreeslose morele ondersoek gedoen na onsself.
* Stap 5: Ons het erken teenoor God, onsself en nog ‘n mens, die presiese aard van ons verkeerde optrede.

Beginsel 5 – Tem jou eie lewe deur dit onderdanig te stel aan enige veranderinge wat die Here daaraan wil maak.

* Stap 6: Ons was geheel en al gereed dat God al hierdie defekte in ons karakter verwyder.
* Stap 7: Ons het Hom in nederigheid gevra om al ons tekortkominge te verwyder.

Beginsel 6 – Evalueer al my verhoudings: bied vergifnis aan vir dié wat my seergemaak het en maak reg waar ek skade aan ander gedoen het. (Behalwe waar om so te maak hulle of ander mense beseer kan word) Doen dit sonder om enige beloning te verwag.

* Stap 8: Ons het ‘n lys gemaak van al die persone vir wie ons skade aangerig het en het gewillig geraak om met hulle reg te maak.
* Stap 9: Ons het direk reggemaak met sulke mense waar moontlik was, behalwe waar deur dit te doen, ons skade sou berokken vir hulle of vir ander mense.

Beginsel 7 – Laat daaglikse tyd toe saam met die Here vir selfondersoek, Bybel lees en gebed met die doel om God en sy wil te ken en om die krag te kry om dit uit te voer.

* Stap 10: Ons het voortgegaan om voortdurend persoonlike ondersoek te doen en waar ons verkeerd was dit reguit te erken.
* Stap 11: Ons het probeer om deur middel van voortdurende gebed en meditasie persoonlike kontak met God te verbeter, terwyl ons vra vir kennis van sy wil vir ons sowel as die krag om dit uit te voer.

Beginsel 8 – Laat God toe om my te gebruik deur hierdie goeie nuus aan ander oor te dra, deur beide my voorbeeld sowel as my woorde.

* Stap 12: Aangesien ons geestelike verdieping beleef het as gevolg van hierdie stappe, het ons probeer om hierdie boodskap aan ander uit te dra en om hierdie beginsels in al ons handelinge elke dag toe te pas.

Comments are closed.