Ruimsig Gemeente is ‘n van niks af storie
In 2001 het Roedolf Botha en Hennie van der Watt besluit om ‘n Gemeente te plant in die Wesrand. Na aanleiding van die ontwikkeling in die area, en onder leiding van die Here het hulle toe na Ruimsig toe gekom met hierdie droom…
‘n Droom om ‘n kerk te bou vir kerklos mense. ‘n Kerk waar mense van alle agtergronde sal gemaklik voel en waar mense wat nog nooit in ‘n kerk was, of seergekry het in ander kerke weer ‘n tuiste sal kan vind.
Ons hou sedert 2003 hou ons eredienste in Laerskool Muldersdrif se skoolsaal.
Ons is ’n informele, eietydse en onafhanklike gemeente in die Ruimsig/Wesrand omgewing. Ons is ’n gemeente wat mense wil help om God se doel vir hulle eie lewens te vind.
Wat beteken “informele gemeente”?
Jy hoef nie ’n pak klere en das aan te trek na ’n diens toe nie. Jy kan informeel aantrek. Die aanbieding en aard van ons eredienste is ook informeel.
Wat beteken eietyds?
Ons bediening en boodskappe is gemik op die behoeftes van die moderne mens. Ons gebruik bv. nie orrelsang nie maar het ’n orkes wat die sang lei.
Wat beteken onafhanklike gemeente?
Ons behoort nie aan enige kerklike denominasie nie.
Kom kyk gerus self!
Ruimsig Gemeente is ’n jong gemeente met gewone feilbare mense wat graag die gemeenskap wil dien so goed ons kan! Kom ontdek saam met ons hoe vervullend die Christelike lewenstyl werklik is!
Dienste: 08:30 en 10:10 Sondae oggende
Ons sien uit daarna om jou te ontmoet!


Is daar dalk `n soortgelyke gemeente iewers in die Vaaldriehoek?Ons is ook een van die gesinne wat nie meer weet watter kant toe met ons godsdiens nie.Iewers langs die pad het ons afgedwaal.Gister het ek pastore by my huis gehad en vandag is ek nog meer deurmekaar.Ons is op die stadium van ons lewe in `n hele warspul.Ek sal baie graag so `n diens wou bywoon in ons omgeweing.
Baie dankie vir jul webblad dit het `n paar deure vir my oopgemaak en vure doodgeslaan.
Hoop om van julle te hoor.
Groete
Elizè