Grondwaardes

* ONS GLO dat die Bybel God se Woord is DAAROM word alles in die gemeente gedryf vanuit die Woord en God se doel vir die Gemeente.

* ONS GLO dat Jesus Christus hoofsaaklik gekom het om verlore mense te red DAAROM bestaan hierdie Gemeente ook ter wille van verlorenes en nie-kerklikes.

* ONS GLO dat elke persoon die Bybelse boodskap van redding en groei die helderste glo en verstaan binne-in sy/haar kulturele klimaat DAAROM is die bedieningstyl van die oggenddiens eietyds en gefokus op die behoeftes van verlorenes en nie-kerklikes.

* ONS GLO dat persoonlike groei en voortdurende geestelike vernuwing vir die Here belangrik is DAAROM word elke gelowige uitgedaag, gemotiveer en toegerus om sy/haar volle potensiaal in Jesus Christus te bereik. d.m.v. die lewensontwikkelingsproses.

* ONS GLO dat pastorale versorging gedesentraliseer moet word na kleingroepe DAAROM sal lidmate voortdurend aangemoedig word om deel te word van ’n kleingroep.

* ONS GLO dat elke gelowige diensbaar behoort te wees en ’n spesiale vermoë van die Heilige Gees ontvang het DAAROM word daar van elke lidmaat verwag om die wêreld en die Gemeente aktief in ooreenstemming met hierdie gawes te bedien.

* ONS GLO dat God die mens geskep het omdat Hy gemeenskap met hom wou hê DAAROM is die Gemeente ’n netwerk van liefdevolle verhoudinge, waar ’n kultuur van wedersydse liefde en aanvaarding sal seëvier.

* ONS GLO dat uitmuntendheid God verheerlik en mense inspireer DAAROM getuig alles wat ons doen van moeite en voortreflikheid.

Comments are closed.