Dag INDABA ENHLE ATLETIEK,Werklig gelukkig!

resize-of-1219.jpgDie 15 de Januarie vergader ons om die kwartaal se uitreikprojekte te beplan – die leierskap soek ‘n projek om die gemeente te betrek. “As mens die gemeente “challenge” kom daar sommer twee honderd,” sê Roedolf . Ek wonder – “twee honderd wat op ‘n Saterdagoggend in die plakkerskamp wil wees- too good to be true.” Die gemeenskap vra dat ons die sokkerveld wat twee jaar gelede deur die gemeente reggemaak is, weer kom “opfix” vir ‘n atletiekbyeenkoms – bietjie ontmoedigend om dieselfde sokkerveld weer reg te maak! Ek bespreek dit met my man en ons weeg die voor en nadele. “Hoekom hou julle nie ‘n atletiekbyeenkoms vir die kinders nie?. Laat die gemeente dit aanbied. “ “Jy meen, die kerk hou atletiek .” Ek gaan slaap Saterdagaand met die wilde gedagte.

Sondagoggend sit ons in die kerk – die tema, God soek stormlopers- mense wat ingaan na die donderwolke as die ander omdraai. “God in the City” speel – ‘n ongelooflike produksie wat die gemeente challenge om betrokke te wees in die gemeenskap. En ek sien ‘n prentjie van ‘n stadion met baie mense – ‘n atletiekdag soos ek in my kinderdae op Swellendam gehad het – met rooi en blou vlaggies, groen en geel koeldrank – jonk en oud, arm en ryk , met wit en swart mense. resize-of-1275.jpg

Atletiek vir die nasie! Die idee groei op almal. En twee weke later kry die gemeente ‘n kans om aan te dui hoe hulle wil betrokke raak. Honderd en sestig mense koop in. Dit begin al hoe meer klink na basaar en merry-go-round en kerk en sport. Die reaksie is oorweldigend - Ons kom niks kort nie. Mense bied aan om te help met tyd, met geld, met goed - hulle bring twee brode en vyf visse. “ “Gee julle vir hulle iets om te eet.”, herinner ek my aan Jesus se woorde in Lukas. Hier en daar word ‘n volunteer bietjie oorweldig – “Ek dog ek bied ‘n springkasteel aan – toe organiseer ek die vermaak vir die kinders!” “Ek het nog nooit so iets gedoen nie, maar ja – ek sal die braaiery organiseer. “ “ Wat van pannekoek en kerrie en rys.? “ “ Ek bring 150 worse klaar halfgaar”. “Ons sal die medaljes borg “

..Lees die res van die artikel.

Click hier vir nog Foto’s

Leave a Reply