Sondag Dienste: Jou pad vorentoe -22 & 29 Julie

Die jaar is nou verby die halfpad merk en vinnig besig om na ‘n einde se kant toe te staan.
Hoe lyk JOU PAD VORENTOE?

DG-2 (Groei-Oriëntering)

[ August 26, 2007; 8:00 am; ] Op 26 Augustus 2007 bied ons ons Groei-oriëntering funksie (DG-2) aan wat handel oor geestelike versorging en verdieping.  Kom skryf Sondae in by die Steunpunt of kontak die kerkkantoor gedurende die week.  Inskrywings sluit Sondag 19 Augustus 2007

Vroue kamp

[ August 31, 2007 8:00 am to September 2, 2007 8:00 am. ] Alle vrouens is welkom om die naweek saam met ons te kom geniet.  Die kamp is hierdie jaar by Erfdeel kampterrein en beloop R300 per persoon en Milla Venter tree op as gasspreker.

Kontak gerus vir Theonette Groenewald by 072 150 5880 vir verdere inligting of om jou plek te bespreek.

Inskrywings en betalings kan ook op […]

Groepleiersopleiding (GLO aand)

[ July 29, 2007; 12:00 pm; ] Kleingroep-, Bedienings- en HERSTELL-leiers word herinner aan die Glo-aand by Laerskool Muldersdrif  om 17:30

Mosambiek Uitreik (30 Junie - 7 Julie 2007)

[ June 30, 2007 to July 7, 2007. ] Ruimsig Gemeente stuur ‘n span op ‘n opvolg uitreik na Machailla, ’n gemeenskap in Mosambiek, van 30 Junie - 7 Julie 2007.  Ons wil vra dat julle die span wat deurgaan Mosambiek toe sal dra in julle gebede.  Tradisionele godsdienste en die aanbidding van voorvader geeste is nog baie prominent in hierdie streek.  Bid dat […]

DG-1 (Gemeente-oriëntering)

[ July 22, 2007; 10:00 am; ] Om as vennoot aan te sluit by die Gemeente is dit nodig vir belangstellendes om ‘n Gemeente-oriënteringsfunksie (DG-1) by te woon. Ons volgende DG-1 funksie geskied op Sondag 22 Julie 2007 om 15:15. Meer inligting sal nader aan die tyd verstrek word. Kontak die kerkkantoor of kom besoek die Steunpunt op Sondae om jou plek […]