Jerusalem Kids Uitreik behoeftes vir 2010
Ons benodig nie jou geld nie…..Ons soek jou werkende hande.
Jerusalem Kids hou hul aktiwiteite elke maandag Vanaf 14:00-16:00 in die rekreasie sentrum in la goi straat krugersdorp wes.Ons bied ’n program aan wat gewoonlik vloei van lekker speel op die veld , lessie of dvd kyk,arts en crafts en laastens gebed en refleksie hoe dit n invloed op hulle gehad het. Op die oomlik benodig ons dringed medewerkers wat beried is om net n lessie aan te bied of om te fasiliteer of als vloeiend loop. En wat 380% comitted is!
2010 Behoeftes:
-Medewerker op Maandae 2pm-4pm!!!!!
-Bemarking van alle JKC projekte
-Verkieslik die jonges om speletjies op die veld aan te bied asook arts and crafts
-Algemene aankope vir die medewerkers
-Mede werkers op seekamp in September
-Kosmaak vir Seekamp in Spetember
-Projek beampte vir JKC Opedag vir die kinders in Krugersdorp Wes Midde 2010
-Golfdag
-Vervoer
- Klaskamer uitverf
- Decor-Klaskamer Decorate
Groete
Ruimsig Gemeente Uitreik
Golang Uitreik behoeftes vir 2010
Golang Educational Outreach werk al 8 jaar met die kinders van die Zandspruit plakkerskamp. Ons visie is om kinders se lewe holisties aan te raak en met die genade van Jesus, verligting, pret en heling te bring in die daagliks chaos en gebrokenheid waarin hul hulself bevind. Ons doen dit deur weeklikse sport, kultuur, geestelike en akademiese programme asook kampe, vakansieprogramme en voedingsskemas!
Ons behoeftes vir 2010:
1. Borg ‘n kind vir R250 ‘n maand wat al bg programme sowel as 2 etes ‘n dag insluit
2. Cd speler
3. Keyboard
4. Seuns en dogter speelgoed
5. Netbal, sokker en volleyball balle en relevante sport toerusting
6. Sokkermasjien
7. Jou tyd, liefde en aandag om in te skakel by een van ons programme
Groete
Ruimsig Gemeente Uitreik
DG-1 Gemeente-Orienteringsfunksie
Kom woon gerus die DG-1 Gemeente-Orienteringsfunksie op die 24ste by om meer uit te vind oor Ruimsig Gemeente of om as vennoot aan te sluit. Die funksie is gratis en sluit ‘n ligte aandete in.
Kontak die kerkkantoor by 082 889 9730 of kom besoek die Steunpunt op Sondae vir meer inligting.







